Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers
van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
[deur Emily
Kruger saamgestel]
Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang,
stuur net jou E-pos adres aan D@nie.co.za.
Gaan na Resepte Index
INHOUDSOPGAWE
Kliek eenkeer op die naam van die
resep en die resep sal verskyn:
3 Dag Dieet
|
Aarbei en Neut Frummelpoeding |
Aarbei Spons |
Aartappel Verrassing |
Aartappels in die Mikrogolf |
Aartappelsop |
Abrie se 9 Maande Koek |
Afrika-Hoenderresep (Gebakte Gestopte Hoender) |
Alkohol-Vrye Sangria |
Aspersie Tert |
Baby Marrow Gebak
|
Bakplaat-Blokkies |
Basiese Broodresep |
Beesstert Broodjie |
Beet-en-Uie Marmelade |
Bhel Poori (Aartappels) |
Bief-Sosaties |
Bier Brood |
Biltong |
Biltong Mousse
|
Biltong Potjie
|
Biltongsop |
Blikkiesvrugte Poeding |
Blomkool Piekels |
Bobotie
I |
Bobotie
II |
Braaibroodjies
|
Braaisous vir Lamsribbetjie
|
Braaivleis Brood
|
Brandrissie Blatjang
|
Broccoli Sop |
Broodslaai
|
Bros Uieringe uit die Oond |
Bruinpoeding |
Butternut en Patatgebak
|
Butternut Slaai |
Butternut Sop I
|
Butternut Sop II
|
Calamari en Mosselsslaai
|
Chicken A La King Kors
|
Chips-Kaaskoekies |
Dadelkluitjies |
Die Alleen-Ontbyt |
Dik Groentesop |
Droëwors Sonder Derms |
Egte Duitse "Curry Wurst"
|
Ertjieslaai |
Fillet |
Franse Slaaisous Skaapboud |
Frikkadelle |
Marokkaanse Speserye |
Gebakte Sjokolade Poeding |
Gebakte Soetpatats
|
Gebakte Vla (Créme Brulé)
|
Gebakte Vla met Heuningstroop |
Gebraaide Hamkoekies
|
Gedroogte Perske Slaai
|
Gefrituurde Visjes met Knoflooksaus |
Geroosterde Botterskorsie-en-Feta Risotto |
Geroosterde Vark met
Gebakte Appel |
Gestolde Piesangpoeding |
Gestoofde Hoender met Pasta |
Griekse Ratatoulle |
Groenbone met Wortels en Sampioene
|
Groentegereg |
Heavenly Delight
|
Hoender en Broccoli-Pastei
|
Hoender Gereg |
Hoender Lewer Peri-Peri
|
Hoender met Inbors |
Hoender met Perskes en Heuning |
Hoender Pastei |
Hoender Stroganoff |
Hoenderslaai met Mango en Gemmer Mayonnaise |
Ingemaakte Beet |
Italiaanse Kaaskoek |
Japtrap Boeliebief-Gereg |
Jogurttert |
Kaas Wiele |
Kaasbrood |
Kaas-en-Pasta Slaai met Kerriesous
|
Kaasgevulde Rolletjies met Heuning |
Kaaskoek |
Kaaskoek Tipe Tert |
Kaaskrakelinge |
Kaasskons |
Kaasskons in die Snackwicher |
Karamel 'Popcorn' |
Karringmelk Skons |
Kastrolpoeding |
Kerrie Beskuitjies |
Kerrie Frikkadelle |
Kerrie Noedel Slaai |
Kerrie Biefstuk
|
Kerrie Boneslaai |
Klam Sjokoladekoek met
Sjokolade-Suurroom Versiersel |
Klapper-Broodpoeding |
Knoffelbrood met Room |
Koffie-Poffertjies |
Kookpoeding |
Kraaklekker Tunaslaai |
Lagie Poeding
|
Lensie-en-Rysslaai |
Maalvleispotjie uit die Boonste Rakke
|
Maalvleisrol |
Macaroni |
Macaroni Slaai met Biersous |
Maklike Hoender Pastei |
Malvapoeding |
Marokkaanse Hoender |
Marshmallow Slaai |
Mayonnaise |
Melktert
I |
Melktert
II |
Melktert Fantasties |
Melktert Fudge |
Mieliepap (Boere Mieliepap) in die Mikrogolfoond |
Mieliepap-muffins |
Mikrogolf Eier-Suursous vir Geregte |
Mikrogolf 'Popcorn' Karamelstroop |
Mikrogolf Poeding (Bruin Poeding) |
Mostertvorm |
Mrs Ball's Blatjang |
Murgpampoentjies |
Oumatjie onder die Kombers |
Pampoenkoekies |
Pampoentert |
Pannekoek |
Panskon |
Patatrolle |
Pepperment Tert |
Piccalilli |
Piesang-Wortelbrood |
Prawns |
Pynappel Hoender |
Pynappel/Suurlemoen Tert |
Pynappeltert |
Repelsteeltjies met Geroomde Heuning
|
Risotto |
Romerige Slakke op Vuur |
Rykste Sjokolade Koek
|
Rys in die Mikrogolfoond |
Rysslaai |
Saadjies Koekies |
Sago Appelkoospoeding |
Salsa |
Sampioen-Lasagne |
Sardyne met geelrys |
Sjokolade Broodpoeding I |
Sjokolade Broodpoeding II
|
Sjokolade Karringmelk Koek |
Sjokolade Mousse |
Sjokolade Panna Cotta |
Sjokolade-Rumkoek |
Skorsie Pastei |
Slakke-en-Room Gereg |
Slow Cooker Skaapboud |
Smeerkaas |
Smulstafies |
Soet Vulsel met Sjokoladesmeer en Okkerneute *
|
Sout Vulsel met Ham, Cheddarkaas en Songedroogde Tamaties * |
Soetpatats
|
Soet-Suur Hoender Lewertjies
|
Somerpasta |
Sop |
Sosatie-Hoender |
Souskluitjies I |
Souttert van Derick |
Spaanse Hoender |
Spaghetti Doodeet |
Speserymengsel vir Hoender |
Spinasie Tert |
Spinasietertjies |
Sultansgenot (Ook genoem Turkse Tert) |
Suurdeeg-Vetkoek |
Swellendamkoek |
Tamatie Tert |
Tjops met Heuning en Blatjang |
Tunagereg met Ertjies |
Tuna-Noedelslaai |
Turkse Aartappel-en-Spinasie Rolletjies
|
Uie-Ringe |
Uieringe in Bierkors |
Vetkoekies |
Viëtnamese Hoendersop met Noedels
|
Vinnige Appeltert |
Vinnige Suurlemoen Tert
|
Viskoekies |
Vriendskapskoek |
Wafels |
Warm Aartappel Baksel |
Warm Aartappelslaai |
Warm Knoffelsop |
Worcestershire Sous |
Worsresep |
Wortel Gereg
Michelle het dit in my e-posbus gegooi:
So ‘n week of drie gelede het ek ‘n
skrywe geplaas van Hanna. Dit het gegaan oor dieëte. Vandag plaas ek egter die 3
dag dieet, want soveel ouens het daarvoor gevra.
Hierdie dieet is niks nuuts nie, net so
'n bietjie "vergete". Dis natuurlik
geen langtermyn oplossing nie, maar wel 'n dieet wat deur die hartstigting al
jare aan pasiënte verskaf word, wat dringend gewig moet verloor vir
gesondheidsdoeleindes. (Vir 'n operasie of so).
Dit is 'n goeie, maar "taai" opsie vir mense wat gewig wil verloor,
doelwit bereik en dan 'n gesonder opsie as leefwyse wil begin, soos Weigh-Less
byvoorbeeld. Meeste mense met baie kilo's, verloor te gou moed hier na 'n
verlies van 15+kg en tuimel dan
terug na hul beginpunt. Hierdie
dieet, soos ek verstaan, gee jou net 'n vinnige hupstoot met drastiese
gewigsverlies en van daar moet jy jou eetgewoontes aanpas deur hetsy watter
gebalanseerde leefwyse(eetgewoontes) jy ookal verkies.
Jy volg die dieet van Maandag-Woensdag
vir 'n periode van 2 maande en die klaarblyklike verlies is omtrent 18.2kg.
party mense doen dit net eenkeer per maand om seker te maak hul bly op hul
doelgewig.
Dis min of meer my opinie en gedagtes
(en ek kan dalk verkeerd wees) maar ek is besig om die dieet te beproef en is
tot dusver aangenaam verras.
1 Ontbyt:
1 Pomelo
2 Teelepels grondboontjiebotter
1 Sny roosterbrood
Tee of koffie
Middagete:
1 koppie tuna of 3 sardiens.
(Suurlemoen kan oor tuna gedrup word)
1 Sny roosterbrood
Tee of koffie
Aandete:
3 Skywe van enige soort vleis (100g)
1 Koppie beet
1 Koppie groenbone
Halwe koppie roomys
2 Ontbyt:
1 Eier
1 Sny roosterbrood
Halwe piesang
Tee of koffie
Middagete:
Halwe koppie maaskaas
5 Provitas
Koffie of tee
Aandete:
2 Frankfurters
1 Koppie broccoli
Halwe koppie wortels
Halwe koppie roomys
3 Ontbyt:
5 Provitas
1 Skyf cheddarkaas
1 klein appel
Tee of koffie
Middagete:
1 Hardgekookte eier
1 Sny roosterbrood
Koffie of tee
Aandete:
Halwe koppie tuna
Halwe koppie beet
1 Koppie blomkool
Halwe spanspek/papaja
·
Drink 5 groot glase water
deur die dag. Een voor elke ete, een laatmiddag en een voor slaaptyd. Jy kan
meer water drink.
·
Moet geen voedsel uitlaat of
vervang en moet ook nie volgorde van maaltye verander nie. Die dieet is gebaseer
op 'n chemiese afbreekproses.
·
Dieet is slegs 3 dae. Wag
vir 10 dae en volg weer 3 dae. As u meer drasties wil dieet, volg bogenoemde dan
weekliks van Maandae tot Woensdae.
·
Geen koffie, tee of ander
drank, behalwe soos voorgeskryf. Geen suiker of melk. Slegs dieetkoeldrank, 2-3
glase per dag.
Dan het Michelle nog die volgende ook ingesluit in die e-pos:
Ek het 'n samestelling gemaak van die
mees algemeenste vrae wat ek ontvang het.
Watter Boointjies?
Boksies, Gekook, Rou...
Enige.
Watter Beet?
Ingelegde, Boksies...
Enige alhoewel sommige weergawes wat ek ontvang het sê: geen suiker in
beet, is daar weergawes wat nie 'n probleem daarmee het nie. So elkeen moet maar kyk wat werk vir
hom die beste.
Moet ek koffie of tee
drink?
Party weergawes sê ja en die ander sê nee. So weereens, self besluit.
Mag ek 'n eetlus
demper gebruik?
Nêrens dui enige weergawe iets daarvan aan nie, ek gebruik dit en het nog
steeds resultate.
Mag ek versoeter
gebruik?
Party sê ja en party nee.
Elkeen moet maar self kyk wat die invloed (indien enige) is.
Wat kan ek in plek
van Tuc (wat
Party sê: Provita's ander weer Cream
van die mark af is )
eet?
Crackers
Kry nie pomelos nie!
Daar is pomelosap in houers beskikbaar wat ewe goed werk.
<<<Terug na begin>>>
Elsa
200 g brosbroodbeskuitjies
100 g haselneute, liggies gerooster
50 g botter
250 g vars aarbeie
·
Voorverhit die oond tot 200ºC. Meng die beskuitjies,
haselneute en botter in 'n voedselverwerker tot dit soos growwe broodkrummels
lyk.
·
Sit die aarbeie in 'n oondvaste bak. Sprinkel die
koekie en neutmengsel daaroor en bak vir 10 minute of tot die aarbeie sag is.
·
Sit voor met room of roomys.
<<<Terug na begin>>>
Lynn Cupido, Clicks
1 pakkie aarbei jellie
175 ml aarbei joghurt
1 groot blik (410g) Ideal melk
1 k kookwater
Vars aarbeie
Room of Orley Whip vir garnering
·
Los jellie op in kookwater en laat afkoel. Moenie stol nie.
·
As jellie koud is, klop Ideal melk tot dubbel volume.
·
Mend joghurt, jellie en Ieal melk.
·
Hou in yskas tot gebruik.
·
Dien op met vars aarbeie en garneer met room of Orley Whip. [Hoeveelheid: 2,5 liter]
<<<Terug na begin>>>
Michelle
·
Medium / Groot aartappels
·
Sny die aartappels in die helfte deur en kook tot sag
(nie pap)
·
Maak intussen 'n paar vulsels, maalvleis en uie,
spinasie en feta-kaas, 'n blikkie "sweetcorn" ens.
·
Plaas die aartappelhalwes op 'n bakplaat en sit 'n
groot lepel vulsel op elk. Gooi
gerasperde kaas bo-oor en bak in 'n oond van 180º vir ongeveer 20 minute of
totdat die kaas lekker gesmelt het.
<<<Terug na begin>>>
Wilna
·
Plaas aartappels in enige gewone plastiese winkelsak. Maak nie saak hoeveel
aartappels nie.
·
20 min Hoog/Volle krag, en hulle is sag genoeg om aartappelslaai te maak.
·
Jy sal sien die sak blaas op vir die eerste ruk. Nog nie probeer nie, maar
behoort dieselfde te werk vir wortels en ander harder groente, miskien 15 minute
vir ander sagter groente, en dit is baie gesond.
<<<Terug na begin>>>
Van Janeke:
1 kg aartappels
500 ml hoenderaftreksel
250 g spek
2 uie
30 ml pietersielie
250 ml room
·
Kook aartappels sag en maak baie, baie fyn.
Voeg aftreksel by. Snipper spek en braai tot bros.
·
Sny uie fyn en braai in spekvet. Voeg alles
bymekaar. Geur na smaak. Kook 'n paar minute. Voeg
pietersielie en room net voor opdiening by.
·
Sit warm of koud voor.
<<<Terug na begin>>>
Hennie se resep
- Ek wou graag 'n koek probeer wat
my ouma in doerie jare neergeskryf het toe haar kinders jonk was. My ma is in
1957 gebore, so dis 'n baie ou resep en ek moes dit eers aanpas vir vandag se
afmetings. My suster, wat by ons gebly het, se seuntjie was die dag 9 maande oud
en terwyl ek besig is kom speel hy by my in die kombuis en brabbel die paar
woorde wat hy ken. En dis toe die eerste dag wat hy Hennie sê. Ek was so
ingenome, die koek-sonder-naam word dadelik Abrie Se 9 Maande Koek. Al is hy nou
al amper 5 en verkies hy deesdae sjokoladekoek, vra hy nog steeds vir die een.
En 9 Maande Koek het nou 'n gereelde instelling in ons huis geword. Hier volg
die resep vir een middelslagkoek.
1
½ koppie meel
¾ koppie suiker
¾
koppie melk
2 eetlepels kookolie
2
teelepels rondvol bakpoeier
2 eiers
1
teelepel vanielje- / suurlemoengeursel
·
Voeg al die bestanddele saam. Klits dit goed deur en gooi in 'n
ronde koekpan.
·
Bak dan vir so 20 minute by
180ºC. Dit lewer een middelslag wit koek.
·
Ek is gewoonlik te lui om
versiersuiker aan te maak en smeer appelkooskonfyt oor die warm koek. Dit maak
hom lekker soet en klam.
·
NS moet asseblief nie die
mengsel verdubbel nie, maar maak dit twee keer aan.
<<<Terug na begin>>>
(Vir die dapperes onder
ons)
Toe ek hierdie resep
ontdek, het ek gedink dit is perfek vir mense soos ek, wat sukkel om te weet of
hoender gaar is of besig is om uit te droog.
2.7 tot 3.5 kg hoender
½ koppie gesmelte botter
1 koppie stopsel
Sout en peper na smaak
1 koppie ongekookte 'popcorn' (springmielies)
·
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer hoender goed met gesmelte botter, sout en
peper.
·
Vul hoender met stopsel en springmielies. Die volgende is belangrik. Plaas in
oondpan met nek na agterkant van oond. Vat kinders en honde uit die huis.
·
Luister vir popgeluide....!
·
Wanneer die hoender ontplof, die oonddeur oopskiet en die hoender deur die
lug vlieg, kan jy weet die hoender is gaar!!
·
Julle het gedink ek weet niks van
kook af nie né?
<<<Terug na begin>>>
deur Nataniël
Dié week wys Die Nataniël Tafel vir ons hoe om die lekkerste geregte in
‘n gesonder opsie te verander. Hier word ongesond sommer vinnig gesond!
15 ml fyn kaneel
1–2 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper
1 lemoen, koud
1 suurlemoen, koud
1 000 ml hanepoot of rooi druiwesap, koud
250 ml-bottel pruimsap, koud
500 – 1 000 ml water
·
Plaas die speserye in ‘n glasbak met inhoudsmaat van 2 – 3 liter. Voeg die skil
en sap van die lemoen en suurlemoen by.
·
Roer deeglik totdat die kaneel oplos. Voeg die druiwesap en pruimsap by, en
laastens die water. Voeg ys by indien verlang.
<<<Terug na begin>>>
1 pak Spek (bacon)
Ui gekap
250gr Botter/margarien
250ml Koekmeel
1 blik Aspersies (groot)
900ml Melk
250ml Kaas gerasper
10ml Mosterdpoeier
4
Eiers
Sout en Rooipeper
·
Braai spek en uie tot gaar.
Smelt botter en roer koekmeel, sout en rooipeper by.
·
Roer
melk en aspersiesous by en kook tot gaar.
Verwyder van stoof.
·
Voeg
geklitste eiers, spek en res van die bestandele by.
·
Bak
in 'n gesmeerde pan van 24x30cm vir 40min of tot bruin en gaar.
<<<Terug na begin>>>
[Lydia van Aswegen]
Rasper rou saam -
1 pakkie Baby marrows
1 ui
Meng nou met:
1 blikkie sweetcorn
1 pak spek - gesnipper
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1 koppie bruismeel
½ koppie olie
2 teelepels sout
peper na smaak
4 geklitste eiers
·
Meng alles goed saam. Skep in 'n
gesmeerde oondbak en bak 40-45 minute by 180°C.
(Genoeg vir 10 persone)
<<<Terug na begin>>>
[Anemarie Neudecker]
Maak: sowat 40 bruintjies
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Deeg:
230 g botter
100 g witsuiker
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml kakao
500 ml klapper / neute
·
Voorverhit oond tot 180°C.
·
Verroom botter en suiker saam. Sif
meel, bakpoeier, sout en kakao saam.
Voeg meelmengsel by bottermengsel en meng goed.
·
Smeer die deeg in ‘n oondpan van 40 x 27 cm en bak dit 20 tot 30 min. tot gaar.
Versiersel:
250 g versiersuiker
25 ml kakao
25 ml sagte botter
10 ml vanieljegeursel
30 ml water
·
Sif versiersuiker en kakao saam.
Voeg res van die bestanddele by en meng tot ‘n smeerbare pasta. Smeer dit oor die warm plaatkoek net
ná dit uit die oond gehaal is en laat dit afkoel.
·
Sny die plaatkoek in 5cm blokkies wanneer koud.
<<<Terug na begin>>>
[Emily – uit die tydskrif WegKos]
Gebruik dié resep vir die allerlekkerste brood. Hy wérk, as jy sorg dat die
kole net warm genoeg is. Die idee vir dié brood en vulsels kom eintlik van daai
mollige Ingelsmannetjie met die skoeter – Jamie Oliver.
Jy het nodig vir 1 potbrood of 2 langwerpige brode:
7 koppies witbroodmeel
2 x 10 g-sakkies kitsgis
2½ koppies louwarm water
2 eetlepels suiker
3 teelepels fyn sout
Laat dit gis.
Gooi die meel in ’n diep bak. Meng die gis, water en suiker in ’n ander kleiner
bak en laat vir tien minute staan totdat die gis begin skuim. Gooi dit by die
meel en voeg ook die sout by.
Oefen daai spiere.
Meng tot al die bestanddele goed gemeng is en haal dan die bol deeg uit en sit
dit op ’n plat, meelbestrooide oppervlak. Druk, knie, vou en rol die deeg vir
sowat 10 minute of totdat dit lekker sag en elasties is.
Rus ’n rukkie.
Sprinkel ’n bietjie meel in ’n bak, sit die deeg daarin en sprinkel ook ’n
bietjie meel oor die deeg. Maak die bak toe met kleefplastiek en ’n klam vadoek
en los dit in ’n warm plek om te rys tot dubbel die oorspronklike grootte.
Weer ’n bietjie spiere.
Knie dit weer af vir ’n paar sekondes en sit dit in die ronde ysterpot (of twee
broodpanne) om vir ’n tweede keer te rys tot dubbel die oorspronklike grootte.
Hanteer die ysterpot versigtig sodat jy nie al die lug uit die deeg uitskud nie.
Kole toe met jou.
Sodra die deeg uitgerys is, kan jy die pot op die kole sit en kole op die deksel
stapel. Kyk ná ’n halfuur of die brood begin bruin word en sit die deksel terug
met nuwe kole op. Dit behoort ná ’n uur gaar te wees. Haal die pot van die vuur
af en los dit vir ’n halfuur om af te koel voor jy die pot omkeer om die brood
uit te haal.
Vir iets anders,
deel die deeg hierbo in twee gelyke dele nadat jy dit klaar geknie het. Rol die
dele langwerpig uit (sowat 1 cm dik) en pak die volgende vulsels daarop:
Soet Vulsel met Sjokoladesmeer en Okkerneute
*
Sout Vulsel met Ham, Cheddarkaas en
Songedroogde Tamaties *
<<<Terug na begin>>>
Alet
1 pak (500g) bruismeel
1 pakkie (4 porsies) beesstert soppoeier
1 houer (500 ml) karringmelk
50g (125 ml) gerasperde Cheddar-kaas
knypie rooipeper
·
Voorverhit die oond tot
180c. Smeer 'n broodpan van nagenoeg 20 * 14 * 7 cm.
·
Meng die bruismeel,
soppoeier en karringmelk goed saam. Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk.
Strooi die kaas en rooipeper oor.
·
Bak die broodjie 'n uur lank
op die middelste oondrak. Keer dit op 'n draadrak uit en laat dit afkoel.
<<<Terug na begin>>>
(Sowat 500 ml)
6 middelslag bete (geskil, in klein blokkies gesny)
6 uie (geskil, dun skywe gesny)
45 ml botter
15 ml olyfolie
1 1/2 koppie suiker
250 ml balsemasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper
·
Kook beet vir 15 min in kookwater, dreineer en hou eenkant
·
Braai uie in botter en olyfolie tot sag en deurskynend
·
Voeg beet by en braai nog ongeveer 5 minute
·
Voeg 1 koppie suiker by en roer tot gesmelt voeg balsemasyn by en draai hitte
laer
·
Geur met sout en peper en laat prut vir 2 ure
·
Voeg laaste suiker by en kook nog 5 minute.
Skep in gesteriliseerde flesse
<<<Terug na begin>>>
500 g uie, gesny
30 ml olie
15 ml fyn komyn
5 ml borrie
2 fyngekapte knoffelhuisies
30 ml gerasperde vars gemmerwortel
1 groen brandrissie (ontpit fyngekap)
3 tamaties (geskil grofgekap)
1 kg aartappels, gekook groterige blokke
sout en peper na smaak
200 ml gewone jogurt of room
·
Braai die uie in olie en voeg komyn, borrie, gemmer en rissie by. Braai paar
minute terwyl geroer word. Voeg
tamaties by en laat 3 – 5 min prut.
·
Voeg aartappels by, geur met sout en peper en verhit tot deurwarm. Verwyder van stoof.
·
Voeg jogurt by, meng goed deur en laat afkoel.
·
Bedien met poppedums en blatjang.
<<<Terug na begin>>>
Marinade
30 ml botter
1 gekapte groot ui
15 ml kerriepoeier
7 ml borrie
30 ml bruinsuiker
15 ml mielieblom
250 ml asyn
125 ml blatjang
2 gekneusde lourierblare
sout en swartpeper na smaak
250 g droë appelkose
15 ml worcestersous
1 x 410 g blik gekapte tamaties
·
Verhit botter en soteer ui
tot sag en glansend. Gooi kerrie en
borrie by en roerbraai. Roer bruinsuiker by.
·
Meng mielieblom, asyn en
blatjang en geur met 5 ml sout. Roer
appelkose by en voeg by uie.
·
Roer lourierblare,
worcestersous en tamaties by en laat 5 minute prut. Laat marinade heeltemal afkoel.
·
Sit sosatie-blokkies vleis
in glasbak en gooi marinade bo-oor.
Meng deeglik en marineer vir minstens oornag of 2 dae in yskas – draai kort-kort
vleis om.
·
Rys stokkies met vleis,
appelkose en opgerolde spekrepe.
·
Rooster sosaties oor matige
kole tot gaar soos verkies.
<<<Terug na begin>>>
Adrian skryf:
Ek het hierdie al 'n paar keer gemaak, en dit is BAIE lekker. Die kinders geniet
dit as dit warm is, ek het omtrent nooit iets oor om aan te proe nie!!
1 kg "Self raising flour"
1 pakkie bruinuiesoppoeier
1 x 250 g pakkie gekerfde "bacon"
2 x 450 ml Hansa bier
Handvol gerasperde kaas
fyn rou knoffel
·
Braai "bacon" en knoffel tot gaar.
Laat "bacon" afkoel.
·
Meng
"self raising flour" en bruinuiesoppoeier.
·
Meng
nou al die droë bestanddele met die kaas, voeg "bacon" by. Voeg bier by totdat die deegmengsel
behoorlik deurgemeng is.
·
Smeer pan/pot (vir kole) met olie of margarien.
Plaas mengsel in pan/pot en strooi bietjie kaas bo-oor.
·
Laat
staan vir sowat 15 minute sodat deeg lekker kan rys. Sit in die oond. Oond moet op 180 grade wees.
·
Bak
vir ongeveer een uur of totdat brood heeltemal gerys het en lekker bruin is.
·
As
jy 'n pot gebruik vir die kole, plaas sowat drie lekker groot warm kole bo op
die deksel en bak.
·
Die
brood moet maar gereeld dopgehou word as jy kole gebruik, die hitte is nie altyd
ewe konstant nie.
<<<Terug na begin>>>
Afrikaans Met die slaggaaie in die paaie en slapgaaie in die politiek is nie
alles altyd meer lekker in ons land nie. Gelukkig is daar één ding wat die
moedeloses bemoedig, die troosteloses troos, die reddeloses red. Hierdie gawe van die gode, hierdie
weg tot wêreldvrede... biltong. 'n
Koutjie keurige biltong in die kies is salf vir 'n rou gemoed. Dit verruim jou
medemenslikheid en verbreed jou verdraagsaamheid.
Solank 'n mens biltong het om te kou is dit lekker om te reis.
Daarom, in die belang van padveiligheid, toerismebevordering, goeie smaak,
nasiebou en wêreldvrede, koop vir jou 'n stukkie biltong. Maar om hemelsnaam, koop net reg. Só
maak jy...
'n Mens vra nie prys nie -Dis beslis ongemanierd om te vra wat biltong kos. As
jy dit wil hê, koop dit, en as jy dit nie wil hê nie, los dit. 'n Mens mag nie
iets soos biltong met die wêreldse banaliteit van geldwaarde besoedel nie. Kies
jou streek mooi - Kies die plek waar jy jou biltong koop, baie versigtig. Die
eerste aanduiding van opregte, rasegte biltong is die landstreek.
Die Hoëveld en Vrystaat is veilig, die Kalahari en Bosveld is pure
biltongwêreld, maar in die Kolonie moet jy ligloop. Die mense hier het nie die
biltongmaakervaring van die Groot Trek nie. Hulle spesialiteit is bokkoms. En
nee, dit het niks met provinsialisme te doen nie.
Net so min as wat ek die Kolonie se biltong aanbeveel, net so min sou ek
mense aanraai om bokkoms te koop wat in die Bosveld gedroog is. Die Kolonie is nie biltongwêreld nie
en die Bosveld is nie bokkomwêreld nie. Dis hoe die aarde gemaak is – elke ding
het sy plek.
Maar hier en daar in die Kolonie is wel 'n blokman wat soms 'n reep droë vleis
aanbied wat baie, baie na aan die ware Jakob kom. Kies jou winkel nóg mooier -
Koop biltong by 'n slaghuis of biltongwinkel – al is jy hóé desperaat, jy koop
nooit ooit 'n pakkie versmoorde biltong by 'n deurpadwinkel of kafee nie. Daai goed is nie biltong nie.
Dis flenters sening en afvalvleis wat sonder liefde of aanvoeling in 'n fabriek
deur 'n droogoond gedryf word. 'n Spantou kou makliker én smaak lekkerder.
As iemand jou só 'n sakkie senings present gee, begrawe dit iewers waar jou hond
dit nie in die hande kan kry nie. En
beskou dit as 'n onsubtiele kennisgewing dat die vriendskap verby is. Hoe groter
die grootpad en hoe nader aan hom die biltongwinkel, hoe beter is die kans dat
die biltongtransaksie jou met 'n bitter smaak in die mond kan laat.
Van hierdie handelaars reken daarop dat jy haastig is en ver weg sal wees teen
die tyd dat jy agterkom hulle het jou verneuk.
Daar is uitsonderings, maar hulle is skaars. Veiligheidshalwe soek ek
eerder 'n slaghuis wat elke dag aan dieselfde plaaslike mense verkoop – hulle
kan nie bekostig om hulle klandisie kwaad te maak nie. Kyk na die naam - As die
slaghuis of biltongwinkel se naam nie Afrikaans is nie, hou maar verby. Die
Engelse weet niks van biltongmaak af nie. Hulle taal het nie eens 'n woord vir
biltong nie.
Ek is nie Anglofobies nie – vir "cucumber sandwiches" of "marmelade and toast"
sal ek soek totdat ek 'n plek met 'n Engelse naam kry. Hoe's die mense - Bepaal
die aard van die mense wat die biltong aan jou wil verkoop. Dekades se noukeurige navorsing het
bewys dat goeie biltong nie gemaak kan word deur mense wat onvriendelik, bot,
ongemanierd, humorloos of dooierig is nie.
Biltong wat nie lekker is om te koop nie, smaak ook nie lekker nie.
Kyk na die omgewing - Ek sal byvoorbeeld nie met 'n geruste hart tjilliebyte
koop by 'n slaghuis waar daar 'n hoop jakkalsvelle in die agterplaas lê nie. Kyk en ruik hoe dit binne lyk. As
daar vlieë in die slaghuis toegelaat word, dan is daardie effens souterige,
bros-op-die-tong korreltjies op die biltong waarskynlik nie fyngestampte
koljander nie... En onthou, 'n slagter wat jou toelaat om met jou kale hande aan
die biltong te voel, laat ook hoeveel ander smerige lunsrieme met hulle kloue op
die weerlose biltong los.
Ken die slagter sy storie - Die beste beesbiltong word gemaak van C-graadvleis.
As jy "C-graad" sê en die slagter reageer asof iemand hom met 'n skokstok op 'n
teer plek gaffel, soek maar 'n ander slaghuis!
(C-graad is spesiaal geskape om daardie lekker, smaakryke beesbiltonge
met die dik, geel vet te maak). En as die slagter jou biltong vir jou in 'n
plastieksak wil sit, kanselleer die transaksie net daar, vat jou geld en loop. G'n mens wat iets van biltong weet,
versmoor die goed in plastiek nie – dit bederf binne 'n uur of twee.
Biltong hoort in 'n bruin papiersak – dis nou as jy nie 'n slopie het soos die
oumense gebruik het nie. Kyk na die biltong self - 'n Bedagsame, bedrewe
biltongmaker sny elke boud of blad of wat ook al netjies in sy nate uitmekaar.
Daarna sny hy al die slierte en senings en rieme en goeters af en kook dit
eenkant vir sy boerboele. Van die skoon vleis sny hy gawe, gladde, egalige en
elegante biltonge. Bekyk die biltong mooi: As hy 'n sening of 'n vlies in die
middel af het, sal die biltongmaker jou waarskynlik met jou kleingeld ook
probeer verneuk.
Kies 'n biltong wat reg gesny is of gaan koop vir jou 'n pakkie skyfies by die
kafee langsaan. Die heel lekkerste
wildsbiltong is die blinkste, swartste, gladste een wat nie te dik is nie, tensy
dit 'n oumabiltong is ('n oumabiltong is die sagte binnerug-stringvleis wat
mense beeshaas noem). Wildsbiltong
moet droog wees – hoe droër, hoe beter. Hy moet só droog wees dat hy breek as jy
hom buig. Morsaf. Beesbiltong kan maar dik en natterig wees en rooi deurskyn as
jy 'n skyfie teen die lig hou.
As jy nie 'n beesbiltong met dik geel vet kan kry nie, soek dan die swartste
biltong met die egaligste tekstuur, maar moet jou nooit in 'n pienk biltong of
'n biltong met wit vet in laat verneuk nie. Wit vet is voerkraalvet. Dit is
verbouereerde beeste wat in kampies saamgehok word en allerhande goeters
ingestop word om hulle so gou as moontlik vet te martel. Die storie dat wit vet beter is, is
twak waarmee die voerkraalbase die dommer deel van die publiek mislei sodat
hulle dit koop. Daar steek geen
waarheid in nie. Dit smaak nie lekker nie en dis nie goed vir jou nie. En die storie dat geel vet ongesond
is, is nóg groter twak.
My oupagrootjie sê al hierdie praatjies dat mense kwansuis sou siek word en
doodgaan van cholesterol, pyprook, mampoer en geel vet, is twak. Siekte word veroorsaak deur spanning
en spanning word veroorsaak deur onsekerheid en onsekerheid word veroorsaak deur
'n vrot regering, sê hy. Moenie die
skuld op biltong pak nie. Kerf hom reg - Die beste, voorbeeldigste manier om
beesbiltong aan te durf is met 'n skerp knipmes.Maar dit kan soms lastig wees as
jy nog 'n hand van iewers af moet optower om 'n stuurwiel vas te hou. Dan vra jy die slagter om die
biltong wat jy gekies het, vir jou te kerf.
Die meeste van die tyd word die stomme biltong in 'n rasende masjien gedruk. As dié masjien oud word en sy lem
stomp, dan kerf hy nie die biltong ordentlik nie – hy vermink dit. Hy skeur die vet met die riem af en
smyt dit, as jy gelukkig is, in een lang, papgekapte sliert eenkant en befomfaai
die res tot 'n hopie flenters. Soms
is dit so erg dat die hele ding, biltong, vet en riem, oral aanmekaar vas is
wanneer hy kastig klaar gekerf is. As jy ewe stylvol en deftig 'n kerfie biltong
met twee vingers raakvat en uit die sakkie wil lig, kom die hele spul saam, nes
'n slaghoender se gedermtes.
Hier is my raad: Keer wanneer hulle jou biltongsakkie wil toeplak. Steek jou
hand in, vat 'n stukkie biltong en tel dit op.
As die stukkies een-een uitkom, vrolik die mense se dag op met 'n
spitsvondigheid, sê dankie en betaal. Maar as daar 'n sliert biltongderms
saamkom, eis dan dat jou biltong ordentlik gekerf moet word of vat jou geld, ruk
jou op en loop. As die plek 'n
sifdeur het – soos dit elke sindelike slaghuis betaam – klap hom dat hy tot in
sy skarniere sidder. Dis jou reg en
jou plig teenoor ander biltongeters.
Die smaak - 'n Mens proe nie regtig hoe 'n biltong smaak as jy daar voor die
toonbank drie koue aan 'n toetsmootjie gee nie – Biltong het 'n langdurige
tongtroeteling nodig om sy ware boeket te bepaal. Dis die deel waar jy moet
vertrou. Maar as jy vir al hierdie voorsorge gesorg het, en al hierdie slaggate
gesystap het – en jy het nog genoeg tande vir die taak – wag daar op jou 'n
wonderlike belewenis: Die heilsame geelvetkroon, die smaaklike swartvleisrand en
die dieprooi lekkerte in die middel.
Ruik hom: Die ene soet rooigrasweiding, ware Bosveld; goed en gesond. Proe hom:
Net genoeg geurgoeters sodat die vleissmaak ongeskonde behoue bly (een ding
waaroor daar nie 'n verskil mag wees nie, is dat 'n fatsoenlike biltong sout
moet wees - nie brak nie, net lekker sout, soos 'n biltong behoort te wees). Kou
hom: 'n Kernontploffing van smaak en voedingskrag; ook voeding vir die
geteisterde gees. Ewe skielik word die ou vaal wêreld rondom jou volkleur. Die
onregte wat die mensdom jou so knaend aandoen, word nietighede. Die slaggatpad
word 'n hemelse hoofweg. Jou medepadgebruikers word jou innigste vrinne – almal
broers teenoor wie jy niks anders koester nie as die grootste begrip en deernis.
En nou hoop ek julle is almal lus vir so lekker stuk biltong, soos ek...!
<<<Terug na begin>>>
[Lydia van Aswegen]
15 ml Kookolie
1 klein ui, gekap
1 hoenderaftrekselblokkie
100 ml kookwater
10 ml gelatien
knippie fyn koljander
380g blik ingedampte melk
100g fyngerasperde biltong
45 ml mayonnaise
10 ml wit asyn
·
Bespuit al die vormpies
·
Verhit die olie en braai die uie tot sag en laat afkoel
·
Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op
·
Roer die gelatien en die koljander by
·
Klits die ingedampte melk styf
·
Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayo, uie en asyn by en meng alles goed saam
·
Skep in die vormpies en laat stol
·
Keer uit op kleinbordjies en bedien met Melba-roosterbrood of varsgebakte brood
·
Garneer. (Genoeg vir 12 mense)
Moenie resep verdubbel nie, maak enkel aan.
<<<Terug na begin>>>
Genoeg vir 10 mense
6 Uie
1 Pak
sampioene
R60,00 se biltong
1 Blik pitmielies
1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ "Green Pepper"
2 Houertjies vars room
Redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)
·
Braai uie en sampioene tot
gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by.
·
Plaas "green pepper" en
pitmielies bo op. Rond af met
2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te
maak.
·
Bedien dit saam met 'n
lekker mengelslaai of enige ander slaai en jy rek dit nog verder.
<<<Terug na begin>>>
Ingestuur deur Willem
100 g botter
100 g koekmeelblom
1,5 l Melk
500 g nat, fyn gekerfde biltong
100 g biltongspeserye
200 g Bloukaas - gerasper
400 g Cheddarkaas - gerasper
250 ml vars room
50 ml port
·
Smelt die botter in 'n swaarboomkastrol.
Voeg die meel by en braai liggies. Roer die melk by en roer tot dit
kook.
·
Voeg
biltong by, maar hou bietjie oor vir garnering. Roer vir so 30 sekondes.
·
Voeg
die bloukaas by, maar hou ook so bietjie uit vir garnering. Wanneer die bloukaas gesmelt is, gooi
die cheddarkaas in en roer tot dit gesmelt is.
·
Die
sop is nou gereed en moenie meer baie langer op die stoof bly nie. Net voor jy
opskep, gooi die room en die port in en gee een vinnige roer. Skep nou in
sopbakkies en garneer met orige biltong, biltongspeserye en bloukaas. Jy kan ook
'n bietjie pietersielie opsit en as jy dalk nog room het, net so 'n ou
straaltjie in die rondte gooi oor die sop.
Bedien met varsgebakte brood met regte botter.
<<<Terug na begin>>>
[8 porsies]
250 ml suiker
2 groot eiers
1 x 410 g blik ingemaakte vrugte
500 ml bruismeel
Knipie sout
5 ml koeksoda
Stroop
200 ml suiker (of minder)
375 ml melk of ideal melk
5 ml vanielje
125 ml lemoensap of brandewyn
125 ml klapper
·
Klits eiers en suiker tot romerig.
Dreineer sap van vrugte in die eiermengsel. Sif droë bestanddele saam en roer by
eiermengesel. Vou vrugte in.
·
Gooi in gesmeerde oondvaste glasbak en
bak teen 180°C vir 45 minute. Plaas intussen al die nat stroopbestanddele in 'n
kastrol en prut vir 5 minute. Gooi warm oor koek as uitkom. Strooi klapper oor.
Bedien met roomys, vla of room.
<<<Terug na begin>>>
As jy van piekels as bykos hou, is dit die resep vir jou.
Dit kan maande hou in die yskas.
Genoeg vir 6 – 8
10 ml heel koljander
10 ml mosterdsaad
5 ml komynsaad
1 lourierblaar
500 ml witwyn-asyn
5 knoffelhuisies
1 stuk gemmer (so groot soos duimnael), fyngerasper
2 baba-uie, in ringe gesny
100 g (125 ml) suiker
10 ml sout
5 ml swartpeper-korrels
10 ml borrie
10 ml rissievlokkies
1 kop (sowat 340 g) blomkool, in los blomme gebreek
4 wortels, in ringe gesny
·
Droogbraai speserye en lourierblaar 3
– 5 minute in ’n warm middelslag-pot. Voeg res van bestanddele behalwe
blomkool en wortels by. Bring tot kookpunt en kook 5 minute.
·
Voeg blomkool en wortels by. Verwyder
van hitte en gooi vuurwarm mengsel in glasflesse wat dig seël.
·
Laat afkoel in flesse en piekel
minstens ’n dag lank voor jy dit voorsit. Dit kan 2 – 3 maande in die yskas hou.
<<<Terug na begin>>>
1 sny witbrood
250 ml melk
1 kg gemaalde bees- of skaapvleis
1 ui, fyngekap
125 ml pitlose rosyne
125 ml amandels
15 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml blatjang
25 ml suurlemoensap
5 ml gemengde vars kruie, gekap
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
Sout
10 ml sonneblomolie
3 groot eiers
4 lourierblare
·
Week die brood in die helfte van die melk, druk uit en hou
die melk eenkant.
·
Meng die brood met die vleis.
·
Meng al die ander bestanddele hierbo gelys vanaf die ui
tot die sout daarmee saam.
·
Verhit die olie in ‘n braaipan en verbruin die
vleismengsel. Keer dit in ‘n oondskottel uit.
·
Klits die eiers met al die melk en gooi oor die vleis.
·
Garneer met lourierblaar bo-op en bak sowat 50 minute of
tot gestol by 180ºC. Bedien saam met
geelrys met rosyne.
<<<Terug na begin>>>
Heila
1 kg gemaalde skaap of beesvleis
2 uie
1 sny brood
1 k melk
2 eiers
1 3 kerriepoeier
1 ½ e suiker
2 t sout
½ t peper
½ e borrie
2 e asyn of die sap van 1 suurlemoen ½ ontpitte
rosyne
6 amandels in kwarte verdeel (opsioneel) 3 e blatjang
4 suurlemoen- of lourierblare of die gerasperde geel skil van 1
suurlemoen
·
Dop die buitenste droë skilletjies van die uie af, sny die uie dan in dun
skyfies en kerf dit fyn. Braai dit efffens bruin in warm vet en indien rou vleis
gebruik word, braai dit saam met die uie tot dit effens gaar en los is.
·
Week die brood in die melk en druk weer die melk uit. Maak die brood fyn.
·
Meng al die bestanddele, behalwe 1 eier, ½ melk en die suurlemoenblare.
·
Sit die mengsel in ‘n gesmeerde, vuurvaste bakskottel en steek die blare in
die mengsel sodat hulle regop staan.
·
Bak dit 1 ½ uur lank in ‘n matige oond by 180°C as rou vleis gebruik word en
45 minute lank as gaar vleis vleis gebruik word.
·
Klop die oorblywende en ½ koppie melk en gooi dit oor die vleis ‘n halfuur
voordat dit uit die oond gehaal word.
Dien dit op met gekookte rys en blatjang.
<<<Terug na begin>>>
Lucia:
Basiese resep vir Franse
braaibrood
2 eiers
knippie sout
150 ml melk
6 snye brood, korsies afgesny
60 g botter
·
Klop die eiers, sout en
melk saam. Doop die snye een-een in
die eiermengsel. Smelt die botter in
'n pan en braai die snye tot goudbruin aan albei kante.
<><><>
Sampioen-en-Spekbroodjies
Spekvleisrepe
sampioene, in skyfies gesny
tamaties, in skywe gesny
·
Braai die spek, sampioene
en tamaties in 'n bietjie botter en hou eenkant tot die braaibroodjies gereed
is. Skep die spekvleis, sampioene en
tamaties bo-op en sit dadelik voor.
<><><>
Groentebroodjies
·
Stel oond op 200°C. Sprinkel olyfolie oor skyfies
murgpampoen, sampioene, rooi soetrissies, vlapampoentjies, eiervrug of enige
ander groente wat geskik is vir
rooster, en geur met sout, peper en kruie na smaak.
·
Plaas sowat 20 minute in
die voorverhitte oond. Voeg nog olie
by, indien nodig, en draai eenkeer om.
Let op dat dit nie aanbrand nie.
Rangskik die groente op klaar voorbereide braaibroodjies en bedien
dadelik.
<><><>
Kaneelsuiker
Braaibroodjies
soet wyn of sjerrie
6 snye brood
dieselfde eiermengsel as
vir sout broodjies
<><><>
·
Sprinkel die wyn/sjerrie
oor die snye brood. (Brood moenie
deurweek word nie, anders is dit pap en onhanteerbaar) Doop die snye in die
eiermengsel en bak soos gewoonlik.
Strooi kaneelsuiker oor en sit dadelik voor.
<<<Terug na begin>>>
30 ml sojasous
30 ml heuning
100 ml droë witwyn
5 ml worcestersous
5 ml mosterdpoeier
5 ml tamatiepasta
5 ml suurlemoensap
·
Meng saam en marineer ribbetjie ongeveer 1 uur voor dit gerooster word.
<<<Terug na begin>>>
Theo - Ek het nou die dag die brood gebak en glo my almal was mal daar oor. Lekker saam met braaivleis.
Een witbrood deeg (koop sommer een by die supermark)
Vulsel:
1 pak gesnipperde spek
2 medium uie - gesnipper
3/4 koppie gesnipperde gevriesde spinasie gerasperde kaas na smaak
250 g sagte knoffelbotter (Ek sit myne vir so 10 sekondes in die
mikrogolf oond).
·
Braai die uie en die spek vir 'n paar minute.
Laat spinasie heeltemal ontdooi en meng saam met die uie en spek en braai
vir so 2 minute.
·
Rol die brooddeeg tussen jou hande om 'n wurm te vorm van + - 60 cm. Rol die wurm plat uit so 1cm dik.
·
Smeer die uitgerolde deeg met die knoffelbotter (Jy kan dit lekker dik
smeer, maar hou bietjie vir later).
·
Smeer die vulsel oor die deeg en gooi gerasperde kaas bo-oor en rol op soos
'n rolkoek en druk die laaste deel vas.
Jy sit nou weer met 'n wurm.
·
Rol nou die wurm op sodat die bokant lyk soos 'n spiraal. (Ek bak my brood binne in 'n plat
swartboom pot omdat die ronde deeg mooi pas en ook agterna mooi lyk).
·
Sit opgerolde deeg in die pot, rasper kaas bo oor en laat goed uitrys. (Ek verhit sommer die oond bietjie en
laat die deeg daarin uitrys).
·
Bak die brood by 180 grade vir + - 45 minute of tot mooi bruin. Smeer orige knoffelbotter oor die
brood. Ek smeer genoeg oor want ons
hou van die smaak. Sit warm voor. Onthou die vulsel kan met enigiets
aangevul of vervang word. Lekker
eet.
<<<Terug na begin>>>
3 uie
10 ml kerriepoeier
2 knoffelhuisies
5 ml mosterdpoeier
500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews 5 ml fyn gemmer
250 ml bruin asyn
5 ml gemengde kruie
750 ml appelkooskonfyt
5 ml sout
·
Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit
‘n paar minute lank. Roer res van
die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.
·
Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeld.
Bottel warm en verseël dadelik.
<<<Terug na begin>>>
(6
porsies) Selfs mense wat nie
broccoli eet nie, is mal hieroor. 'n Definitiewe wenner!
50g botter
500g broccoli
1 ui, fyngekap
1 teelepel knoffel
3 eetlepels koekmeel
250ml melk
knippie neutmuskaat
swartpeper na smaak
250ml room
1 eetlepel hoenderekstakpoeier of 2 hoenderblokkies
opgelos in 1 liter kookwater
·
Smelt botter en haal van hitte af. Roer broccoli, knoffel
en ui in. Maak toe en sweet in 10 minute. Roer meel in. Voeg al die bestanddele
(behalwe room) by. Bring tot kookpunt. Roer deur, sit deksel op en prut vir
15-20 minute. Versap. Roer room in voor opdiening.
·
Wenke: Vries
baie goed - vries as klaar gekook en voor room ingeroer word.
·
Jy kan meer porsies uitkry as jy dit as voorgereg bedien.
·
Garneer met 'n skoot room en varsgemaalde peper.
Bronkorsblare lyk ook mooi.
<<<Terug na begin>>>
Van
Mariska - (Die maklike een)
Sny brood in dik snye en dan in blokkies
Sny kaas van jou keuse in blokkies
Gebraaide spekvleis in stukkies gekap
Gelyke hoeveelhede kondensmelk en mayonnaise
Olie vir diepbraai
Gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)
·
Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin.
Dreineer en laat afkoel.
·
Voeg
die res van die bestanddele by die mayonnaisemengsel ‘n halfuur voor opdiening.
<<<Terug na begin>>>
Van Deon
Uit Holland - Dit smaak baie lekker by 'monkey gland' steak. Warm of koud is dit
lekker.
1 sak 'naturel chips'
1/2 t rissiepoeier
250 ml karringmelk
1 eier
60 g meel (4 e)
1/2 t sout
swart peper
2 groot witte uie
·
Begin met die voorverwarmen van die oond op ongeveer
230*C.
·
Doen bakpapier op 'n bakplaat.
·
Verkrummel die 'chips' in 'n plastieksakkie of in 'n
voedselverwerker.
·
Doen dan 'n bietjie van die verkrummelde 'chipjes' in 'n
skaal. (vul steeds kruimels aan as dit opraak)
·
Voeg by die 'chips' 'n klein bietjie rissiepoeier toe.
·
Meng in 'n ander kom die karringmelk, 4 eetlepels meel, 1
eier en 'n bietjie sout en peper.
·
Sny die uie in ringe en gebruik alleen die groter
uieringe.
·
Doen die 60 gram meel in 'n plastiese sakkie en doen daar
die groot uieringen in en skud dit goed deurmekaar sodat die uieringen onder die
blom sit.
·
Doop daarna 'n uiering in die karringmelkblommengsel en
dan in die 'chipskrummels' en lê dit dan op die bakplaat.
·
Die uieringen kom daarna vir ongeveer 15-20 minute die
oond in, tot hulle lekker bruin en bros lyk.
<<<Terug na begin>>>
Stroop
4 koppies kookwater
2 koppies suiker
1 eetlepel suurlemoensap
Kook saam vir 20 minute
Beslag
1 koppie sagte botter
1 koppie suiker
2 eetlepels appelkooskonfyt of enige ander geur konfyt
1 koppie melk
2 teelepels fyn gemmer
2 teelepels koeksoda opgelos in
1 eetlepel asyn
3 koppies koekmeel
·
Room botter en suiker, roer konfyt in. Roer koeksoda en melk in.
·
Meng koekmeel en gemmer by. Maak 'n beslag.
·
Skep in diep oondpan en gooi stroop oor.
Bak in matige oond 180ºC vir
30 – 45 minute (pasop dat dit nie brand nie.)
<<<Terug na begin>>>
3 koppies Patat – gesny
3 koppies 'Butternut' in blokkies
1 - 2 houers room gemeng met
1 pakkie Wit Uiesop
·
Maak eers toe met "tinfoil" en bak vir
40 min teen 180 C. Bak dan oop tot
effens bruin.
<<<Terug na begin>>>
Reinette - 'n Baie lekker slaai resep - (Dit hang af hoeveel jy wil maak)
·
'n Halwe (groterige)
"butternut", skil dit af en rasper grof.
·
Gooi 1 blikkie
pynappelstukke daarin (die helfte van die sous kan ingegooi word)
·
Gooi 'n bietjie
lemoenkoeldrank ook by. (min of meer 'n 1/8 koppie)
·
Gooi 'n halwe koppie rosyne
in (opsioneel)
·
Strooi suiker oor en meng
alles goed.
·
Sit in die yskas tot lekker
koel en dien dan op.
·
Proe amper soos wortelslaai
net lekkerder.
<<<Terug na begin>>>
Ingestuur
deur Esme
Die sop is baie eenvoudig. Die volgende is nodig:
1 groot ui, opgesny
1/2 koppie botter
1 groterige 'butternut', ook opgesny in blokkies
1 bakkie maaskaas, plein
750 ml kookwater
3 blokkies hoenderaftreksel
Kruie na smaak, geen sout nie. Die aftreksel en botter het
genoeg. Roosmaryn gee 'n baie lekker
smaak.
So maak mens:
·
Braai die uie en roosmaryn in die botter tot sag (nie
brand nie)
·
Los die blokkies op in die kookwater. Gooi die water by die uie en voeg dan
die 'butternut' by.
·
Laat so kook totdat die 'butternut' sag is. Gooi nou die maaskaas by. Alles moet nou saam versap word.
·
As dit te dik lyk, gooi net nog so bietjie kookwater by. Draai hitte af tot laag, moet nie
laat kook nie, hou net warm.
Presto!!!!!!, Reg om te eet!!!
<<<Terug na begin>>>
30 ml olie
2 uie gekap
5 ml gemmer
15 ml kerriepoeier
1.2 kg "butternut" gekap
1 liter hoenderaftreksel
1 appel geskil en gerasper
sout en peper
250 ml room
·
Meng gemmer en kerriepoeier en gooi oor uie. Braai in
olie. Voeg "butternut" by en kook
vir vyf minute.
·
Giet hoenderaftreksel oor, roer appel in en geur. Kook tot die groente sag is. Laat
effens afkoel, versap en herverhit weer vir vyf minute.
·
Bedien met room en 'croutons'.
<<<Terug na begin>>>
Michele
300 g calamari in ringe gesny
1 blik mossels in skulpe
4 grasuie, gekap
30 ml droë wit wyn
60 ml olyfolie
15 ml gekapte pietersielie
30 ml botter
15 ml sojasous
1 suurlemoen (skil gerasper, sap uitgedruk)
20 ml sesamsaad
1 ml suiker
·
Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees
versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai. Plaas mossels in kokende water totdat
die skulpe oopgaan. Dreineer.
·
Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om
te bedek. Laat afkoel. Meng oorblywende bestanddele en giet
bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank.
·
Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
<<<Terug na begin>>>
125 ml melk
125 ml olie
100g koekmeel
10 ml bakpoeier
1 eiers en sout
·
Klits melk, olie en eier – sif
meel/bakpoeier en sout saam – voeg meelmengsel by melk – meng tot gladde deeg.
Skep met lepel oor vulsel. Bak 20 min.
<<<Terug na begin>>>
1 pak fyngemaakte kaas-en-uie chips
1 koppie koekmeel
2 koppies fyngerasperde cheddarkaas
125gm gesmelte botter
·
Meng alles tesame en druk in bolletjies.
Bak in oond vir 15 min by 200°C tot goudbruin. Bêre in lugdigte houer.
<<<Terug na begin>>>
(Ouma Tillie)
Stroop
500 ml suiker
1 liter water
30 ml (2 eetlepels botter)
30 ml (2 eetlepels goue stroop)
2 ml (halwe teelepel) sout
Kluitjies
500 ml koekmeelblom
15 ml (1 eetlepel) koeksoda
2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel
30 ml (2 eetlepels) botter
125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels
250 ml (1 koppie) melk
·
Meng al die bestanddele vir die stroop
saam in 'n stoompot. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook dan vyf minute lank.
·
Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel
saam. Vryf botter in en voeg die dadels by. Meng goed deur.
Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.
·
Laat stroop weer kook en skep lepels
van die kluitjiemengsel in die kokende stroop. Verlaag hitte (dit moet baie
stadig prut anders kook dit oor) en prut 20 minute lank. Moenie die deksel oplig
nie. Dien op saam met vla, room or roomys.
·
Genoeg vir 6-8 mense.
<<<Terug na begin>>>
Deur Lynette
·
Roerbraai gekapte kropslaai met ’n klein bietjie botter.
·
Meng met feta-kaas en skep op (ongesmeerde!) geroosterde rogbrood.
·
Bedek met roereiers, Garneer
met gekapte pietersielie.
<<<Terug na begin>>>
(1 groot Kastrol)
½ kg 'Lean' Maalvleis
½ kg 'Chuck' - blokkies gesny
¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel
1 koppie fyn gesnyde seldery
½ koppie fyn gesnyde pietersielie
1 groot gerasperde ui
2 groot gerasperde aartappels
1 groot gerasperde tamatie
1 kg gerasperde wortels
sout en peper na smaak
1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Baked beans' (Om te verdik)
1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 koppie water (Om te verdik)
·
Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en
wortels totdat die vleis sag gekook is. Die vleis kan vooraf ook sag gekook word
vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat 'n uur
tot 'n uur en half)
·
Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.
·
'Mash' die 'baked beans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die soppoeier
wat aangemaak is met 1 koppie water. Kook vir nog so 20 minute totdat alles
deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.
·
Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit gevries
was - weet nie hoekom nie.
<<<Terug na begin>>>
Jan skryf
- Dit kom glo uit Annette Human se Wenresepte)
13,5kg bees, sny in stukke
190-200g (165-180ml) sout
15ml peper
5ml foelie
5ml neutmuskaat
30g (90ml) koljander
1,5kg skaapstertvet
500ml asyn
125ml worcestersous
·
Meng sout, peper, foelie, neutmuskaat en koljander met
vleis. Sny skaapstertvet in stukke. Maal vleis en vet saam. Meng asyn en worcestersous liggies
by.
·
Skep vleis in worsstopper.
Hou draadrakke onder die tuit en draai wors egalig daarop uit. Laat wors op rakke droog word en
draai af en toe versigtig om.
<<<Terug na begin>>>
Van Deon Uit Holland -
Ek weet nie of
julle dit in Suid-Afrika ken nie, maar hy is baie lekker en smaak presies soos
hulle hom in Duitsland maak. Die resep kom van my vriend Alex.
8 Bock Wors (of braaiwors wat jy vir 'hotdogs' gebruik)
2 uie, fyn
1 e tamatiepuree
2 e olyfolie
250 g tamatiesous
3 e balsamiese asyn
2 e heuning
1/2 e sojasous
1 t chilipoeier
2 e kerriepoeier
·
Braai die wors in olyfolie. Haal
die wors uit die pan en braai uie tot sag.
·
Voeg nou die tamatiepuree by en blus af met 'n bietjie water. Voeg nou die tamatiesous, heuning en
asyn daarby en laat dit 'n bietjie deurkook.
·
Bring sous op smaak met sojasous, chilipoeier en die kerriepoeier. As die sous te dik word maak jy dit
met water dunner.
·
Sny die wors in stukkies, so twee worsies per persoon, en laat dit 'n paar
minute met sous kook. By die opdien
strooi jy nog droë kerriepoeier daaroor.
·
Dit smaak lekker met
aartappelskyfies
<<<Terug na begin>>>
·
Breek blaarslaai in fyn stukkies en plaas in 'n bak.
·
Voeg nou grasuie en seldery (fyn gekap) in 'n dun lagie oor die blaarslaai.
·
Die smaak is prominent moet dus nie te veel gebruik nie!
·
Gooi nou 'n pakkie gevriesde Young & Tender ertjies oor. (Sommer 'n dik
laag)
·
Skep 'n dik laag Miracle Whip bo-oor.
·
Maak versigtig met Glad Wrap toe en plaas in yskas totdat die ertjies
ontdooi het.
·
Sit voor en geniet.
<<<Terug na begin>>>
Patrys
·
Sny fillet dik skywe en smeer met knoffel. Doop in meel, eier
en daarna in broodkrummels gemeng met parmesaankaas.
·
Braai in olie tot goudbruin. Plaas in oondskottel en berei
sous:-
·
Uie, tamatiepuree, sout, peper, suiker, blatjang,
worcestersous en knoffel. Bring tot kookpunt. Prut tot dik. Voeg sampioene by.
Gooi bo-oor vleis. Sny ‘n skyf sterk cheddarkaas bo-op elke stuk vleis.
·
Bak ± 20 min 180° - 200°C.
<<<Terug na begin>>>
Wanda - Met erkenning aan Adré en Wessel in Ierland
Hierdie is die maklikste en
lekkerste resep, en die meeste mense glo my nie totdat hulle dit self geproe
het!!
1 skaapboud (enige grootte)
1 botteltjie slaaisous
(enige soort, alhoewel Franse slaaisous baie lekker werk)
·
Plaas skaapboud in pot,
gooi slaaisous oor, sit in die oond (of oor die vuur as jy 'n swart pot gebruik)
GEEN ekstra sout of peper of speserye nodig nie. Sappig en heerlik as hy gaar
is!!
<<<Terug na begin>>>
[Emily]
Ongeveer 1 kg Maalvleis
10 ml Marokkaanse Speserye *(sien onder)
1 gerasperde wortel
2 gerasperde aartappels
1 gerasperde ui
2 gerasperde tamaties
1 koppie broodkrummels
5 ml Herbs and Garlic kruie (Robertson)
10 ml Sweet Chilli sauce (Wellington)
5 ml Roosmaryn en Olyf Speserye (Ina Paardman)
·
Verhit oond tot 160°C. Kan in die oond of op die stoof
(medium hitte - 4) gebak word (verkieslik eerste 20 min met ‘n deksel en dan die
laaste 10 min sonder deksel).
·
Gooi kookolie in oondpan (of pan op
stoof).
·
Meng maalvleis tesame met al die ander
bestanddele en maak bolletjies.
·
Bak tot gaar. Kan gevries word voordat dit gebak
word of na gebak en dan later ontdooi word vir ete.
<<<Terug na begin>>>
15 ml Paprika
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
5 ml rissiepoeier
5 ml fyn gemmer
2 ml kaneel
Meng tesame en bêre in spesery botteltjie.
<<<Terug na begin>>>
460 ml (220 g) bruismeel
390 ml (155 g) kakao
260 ml (220 g) strooisuiker
100 g donkersjokolade (grofgekap)
175 ml melk
1 groot eier
40 g gesmelte botter
5 ml vanillageursel
220 ml (175 g) ligte bruinsuiker
500 ml kookwater
·
Verhit oond tot 180°C en smeer 'n 2 lt, 5 cm diep oondvaste bak met botter.
·
Sif bruismeel en 60 ml van die kakao saam.
Roer strooisuiker by en dan die sjokolade.
·
Klits eier, melk, geursel en botter saam en voeg by die droëbestanddele –
meng goed. Skep in voorbereide bak.
·
Sif res van kakao en meng met bruinsuikeren strooi oor die poeding.
·
Gooi nou (regtigwaar) die kookwater versigtig bo-oor.
·
Bak vir 1 uur en moenie oonddeur oopmaak voor 50 minute verby is nie.
·
Bedien met 'n blob vanillaroomys.
<<<Terug na begin>>>
[Lydia van Aswegen]
6 Koppies fyn gaar patats
4 eiers
2 koppies suiker
1 koppie botter
1 koppie melk
1 teelepel vanielje geursel
·
Meng alles saam en
skep in 'n oondbak. Bak vir 30 min
by 180°
Bolaag
1 koppie bruinsuiker
¼ koppie meel
1 koppie botter
1 koppie pekanneute - fyn gekap
·
·
Smelt botter, meng
alles, moenie kook nie
·
Haal patats uit die
oond en skep topping oor. Bak 'n
verdere 10minute by 180°C
·
Bedien 20 persone
<<<Terug na begin>>>
[Emily]
3 koppies (750 ml) melk
4 eiers
1/3 koppie (80 ml) suiker
1 teel (5 ml) vanilla
1/4 teel (1 ml) kaneel
Knippie sout
Neutmuskaat of kaneelsuiker
·
Meng al die bestanddele behalwe
neutmuskaat in ‘n mengbak en roer net tot gemeng.
[Te lang of vinninge klitsery sal lugborrels vorm in die vla wat voorkom
moet word].
·
Gooi die mengsel in ‘n oondbak /
individuele oondkoppies en sprinkel met die neutmuskaat/kaneelsuiker.
·
Bak in ‘n voorverhitte oond by 160°C
vir ongeveer een uur of tot ‘n mes skoon uit die vla kom. Bedien verkoel of by kamer
temperatuur. Bedien 6 persone.
<<<Terug na begin>>>
Vla
500 ml room
100 ml melk
40 ml heuning
2 groot eiers
3 groot eiergele
Heuningstroop
75 ml heuning
45 ml koue water
Maak vla
·
Voorverhit die oond by 180°C.
·
Verhit room, melk en heuning tot onder kookpunt. Verwyder van hitte en laat effens
afkoel.
·
Klits eiers en eiergele saam en klits bietjie-bietjie by roommengsel en
klits goed deur.
·
Gooi die vla deur 'n siffie in 6 oondvas-bakkies.
·
Plaas bakkies in bak met half watergevul en bedek ligweg met foelie. Bak ongeveer 30-40 min. Die vla is reg as dit net-net gestol
is in die middel.
·
Verwyder uit oond en laat afkoel. Verkoel in yskas ongeveer 3 ure voor
bediening.
Heuningstroop
·
Verhit heuning in kastrolletjie en laat kook tot dit karameliseer. (Pasop vir brand) – hou hitte van
plaat laag en beheerbaar.
·
Haal van stoof af sodra heuning 'n donker karamel-kleur het en gooi dan die
water by – wees versigtig, dit spat.
Roer goed deur en laat afkoel by kamer temperatuur.
Om voor te sit
·
Haal vla uit yskas en gooi heuningstroop bo-oor.
<<<Terug na begin>>>
(Hierdie reseppie is ‘n heerlike voorgereggie
– probeer gerus.)
500 ml gemaalde ham
100 ml meel
vars gemaalde swartpeper
30 ml pietersielie, gekap
30 ml mosterd
15 ml botter
1 eier, geklits
15 ml suurlemoensap
‘n bietjie neutmuskaat, gerasper
30 ml olie
1 pynappel, in ringe gesny
·
Meng al die bestanddele behalwe die
botter, olie en pynappel.
Verhit die botter en olie, skep lepels vol deeg in die pan en braai alkant
bruin.
·
Skep uit en dreineer op
handdoekpapier.
·
Braai die pynappelringe in die pan
bruin.
·
Skep ‘n koekie op elke pynappelring en
bedien.
<<<Terug na begin>>>
(Ismé Dalton)
1 koppie droë perskes
1 klein blikkie pynappekstukke
Agurkies na smaak
125 ml asyn
3/4 koppie suiker
1 teelepel kerrie
1 desert lepel maizena
Wit uitjies (ingelegde wit uie (nie cocktail nie) en dan
sommer die asyn)
·
Kook droë perskes in 2 koppies water tot sag. Gooi pynappelstukke met sous by.
·
Voeg agurkies en uitjies by en kook
saam tot sous minder word. Voeg asyn
en suiker by en kook vir ongeveer 5 minute.
Meng kerrie en maizena met bietjiie water en roer by. Laat goed deurkook, laat afkoel en
bedien. Die slaai vries ook baie goed.
<<<Terug na begin>>>
Ons ouens in sonnige Suid-Afrika kan mos darem nie net Ingels
verstaan en praat nie, ons kan Hollands ook verstaan - van die praat is ek nie
so seker nie.
(4 personen; voorgerecht)
Ingrediënten
900 gr. verse ansjovis
120 gr. Bloem
4-6 eetlepels koud water
4 tenen knoflook
4 sneden brood zonder korst
geweekt in water
2 eetlepels citroensap
4-5 eetlepels olijfolie
peper en zout
vers gehakte peterselie
Bereidingswijze
·
Maak van de bloem en het water een
beslag en voeg het snufje zout toe.
·
Knijp het brood uit en doe dit met
knoflook en citroensap in een keukenmachine.
·
Mix het geheel op lage stand en
voeg in een straaltje olie bij.
·
Als het geheel te dik en droog
wordt, wat water toevoegen.
·
Breng de saus op smaak met peper
en zout. Meng de peterselie erdoor.
·
Verhit nu het frituurvet en bak de
door het beslag gehaalde visjes goudbruin in porties. Meteen serveren met wat saus en een
schijf citroen.
<<<Terug na begin>>>
(Bedien 4)
500 gm botterskorsie in 2 cm-blokke gesny
4 knoffelhuisies met skil
15 ml olyf- of avocado-olie
Sout en gemaalde swartpeper
Risotto:
1 groot prei, slegs witgedeelte fyngekap
15 ml botter
2 knoffelhuisies (gekneus)
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
Klein hand vol tiemieblare plus ekstra
250 ml aboriorys
½ koppie droë witwyn
3 ½ koppie hoenderaftreksel
2 ringe fetakaas gekrummel
Handvol bronkorsblare
·
Verhit oond tot 200°C.
·
Sit die botterskorsie en knoffel in ‘n
diep bakplaat, sprinkle olie oor en geur na smaak. Bak vir 30 min in die oond tot die
pampoen gaar is.
Risotto:
·
Smelt die botter in ‘n kastrol oor
matige hitte en braai die prei vir 3 min tot sag.
Voeg die gekneusde knoffel en helfte van die lemoenskil en tiemie by en
braai vir 1 min. Geur na smaak.
·
Meng die aboriorys deur tot elke
korrel met van die botter bedek is.
Gooi die wyn by en laat wegkook.
Voeg dan ½ koppie aftreksel by en laat wegkook voor die volgende byvoeging. Roer heeltyd.
·
Voeg nog aftreksel by tot die rys sag
buite en ietwat ferm aan die binnekant is.
Die proses neem sowat 15-20 min.
·
Skil die geroosterde knoffel en meng
met die botterskorsie en 1 ring gekrummelde feta-kaas. Voeg by die aboriorys en meng deur. Geur na smaak.
·
Bedien met die res van die feta-kaas,
lemoenskil, tiemie en bronkorsblare.
<<<Terug na begin>>>
Maklik,
lekker geroosterde vark met gebakte appels - resep genoeg vir 6 tot 8 porsies.
Sowat 1,3 kg gerolde varklies
20 ml droë vinkel
4 knoffelhuisies, fyngedruk
sowat 50 ml olyfolie
sap van 2 suurlemoene
sout en vars gemaalde swartpeper
6-8 Granny Smithappels, met pitte verwyder
Oond:
·
Voorverhit oond tot 180°C.
·
Plaas die gerolde varklies in 'n oondroosterpan.
·
Sny klein kepies bo in die velgedeelte van die varklies. Gebruik 'n stamper en vysel en stamp
die droë vinkel effens fyn. Vryf die
gerolde varklies met die vinkel en knoffel veral in die kepies.
·
Bedruip dit dan met die suurlemoensap en olyfolie. Geur dit met sout en vars gemaalde
swartpeper en plaas die pan in die voorverhitte oond.
·
Los dit vir 2 ure in die oond. Ná so 1 uur kan jy van die vleissap
wat uitgekook het met ’n kwassie weer oor die vleis smeer.
·
Ná so 2 ure, kan jy die appels om die vleis pak en bedruip
met van die uitgekookde vleissap.
Rooster verder vir ongeveer nog 'n uur.
<<<Terug na begin>>>
(Die poeding stol stadig, maak
liefs vorige aand)
750 ml water
200 ml suiker
3 groot piesangs, geskil
5 ml suurlemoensap
80 g suurlemoenjellie
3 eiers, geskei
·
Verhit water en suiker tot kookpunt. Druk piesangs fyn en meng
met suurlemoensap. Roer by suikerwater, verhit en kook 1-2 minute.
Haal van stoof af en laat effens afkoel.
·
Voeg jelliepoeier by en roer tot gesmelt. Klits eiergele goed, voeg by
en laat goed afkoel tot mengsel net-net dik raak.
·
Klits eierwitte tot styf en vou in piesangmengsel in. Gooi in
poedingbak en laat stol in yskas. Sit voor met roomys of vlasous.
<<<Terug na begin>>>
Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense
15 ml paprika
60 ml botter
250 ml hoenderaftreksel
5 ml sout
1 ml peper
250 ml room
100 ml fyngekapte pietersielie
1 soetrissie in repies gesny
200 gr pasta gekook en gedreineer
·
Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan
weerskante tot bruin.
·
Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot
vleis sag is. Voeg room, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 minute.
·
Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien
nodig. Verhit tot goed warm en bedien met slaai.
<<<Terug na begin>>>
[Emily]
(6 porsies) teen kamertemperatuur
6 medium-groot geskilde aartappels, (dik skywe gesny)
2 groot groenrissies (gekleurdes lyk mooi in dik skywe gesny)
2 groot eiervrugte (dik stukke gesny)
1 groot ui (dik skywe gesny)
500 g tamatiepuree
100 ml olyfolie
6 vars tiemie-takkies
Sout en varsgemaalde swartpeper
250 g tamaties aan die rank [opsioneel]
·
Verhit oond teen 180°C
·
Sit al die groente in ‘n
oondroosterbak en gooi tamatiepuree en olyfolie bo-oor
·
Sit heel tiemie-takkies bo-op en geur
met sout en swartpeper
·
Maak bak toe met foelie en rooster vir
1 uur. Haal uit en verwyder foelie
en rooster vir nog ‘n halfuur
·
Plaas ranktamaties bo-op en rooster
vir nog sowat 15 min tot tamaties bars
·
Kan warm of teen kamertemperatuur
voorgesit word
<<<Terug na begin>>>
[Emily]
500g groenboontjies (skoongemaak)
4 groot wortels, geskil en ringe gesny
1 geel of rooi soetrissie (groen)
1 groot rooi ui (of wit ui)
1 pakkie sampioene (grofgekerf)
Olyfolie
3 eetlepels sesaamsaad
½ k vars room
·
Sny groenboontjies in 5cm stukke en
kook in mikro vir 15 min tot sag.
Kook wortelringe ook in mikro vir 10 min tot sag.
Dreineer albei en sit eenkant.
·
Sny ui en soetrissie in langerige
repe, voeg sampioene by en braai in olyfolie tot sag. Voeg wortels en groenbone by en
strooi sesaamsaad bo-oor. Roer
versigtig room deur, geur met sout en peper en laat op lou-warm plaat staan tot
bedien word.
<<<Terug na begin>>>
(Wonderlik!!!)
1 Botterskorsie (butternut)
Murgpampoentjies (baby marrows)
250 g Knopie sampioene
1 Pakkie wit uiesoppoeier
1 Bakkie room
·
Sny botterskorsie in blokkies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir
ongeveer 10 minute.
·
Sny murgpampoentjies in ringetjies en
mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 8 minute. Sny sampioene in stukkies (soos jy
self verkies) - moet NIE mikrogolf nie.
·
Gooi al drie groentes in 'n bak en strooi
soppoeier en room bo-oor. Bak vir
ongeveer 20 minute by 180°C.
<<<Terug na begin>>>
12 malvalekkers
½ koppie gekapte neute
2 gerasperde appels
3 piesangs (fyn gesny)
3 eierwitte
½ pynappel (gekook)
1 blikkie grenadellamoes
1 suurlemoen se sap
175 ml room
·
Plaas gerasperde appels en fyn gesnyde piesangs in ‘n bak en gooi die
suurlemoensap oor. Voeg pynappel en grenadellamoes by.
·
Voeg gesnipperde malvalekkers en neute by die vrugte. Klop die room en
voeg dit by die mengsel.
·
Vou die styfgeklopte eierwitte in die mengsel en plaas in die yskas om koud
te word.
<<<Terug na begin>>>
·
Verhit oond tot 180°C. Smeer diep tertbord van 25 cm of vlak
van 28cm met botter of besproei.
Hoender en Broccoli-vulsel
200g hoenderborsiefilette
100 ml hoenderaftreksel
200 g broccolipunte
·
Meng hoender met
aftreksel en kook sag vir ongeveer 15-20 min. minute – laat afkoel
·
Broccolipunte (net-net
gaargekook in bietjie water) – laat afkoel
Kors
250 ml Koekmeel
1 ml sout
2 ml bakpoeier
80 ml harde botter (saggemaak)
1 eier
Paar druppels water indien nodig
80 ml gerasperde cheddarkaas
·
Gooi al die
bestanddele bymekaar en meng tot sagte deeg.
·
Druk met vingers in
tertbak teen die bodem en kante.
·
Strooi gerasperde kaas
bo-oor.
·
Bêre in yskas tot
vulsel gereed is.
Eiermengsel wat bo-oor gegooi word
200 ml warm melk
250 ml room
6 eiers
20 ml mayonnaise
2 ml kerriepoeier
30-50 ml gekapte sprietuie
Sout en swartpeper
2 ml gemengde droë kruie
Knippie gerasperde neutmuskaat
·
Skep gaar hoender op
voorbereide kors. Strooi broccoli
liggies oor.
·
Meng warm melk met
room en voeg dan die res van die bestanddele by.
·
Gooi oor vulsel maar
net tot ongeveer 5mm van bo-rand af.
·
Strooi 100 ml
gerasperde kaas bo-oor.
·
Sprinkel bietjie
paparika en rooipeper bo-oor.
·
Bak vir 40 min tot lig
goudbruin of ferm.
·
Bedien dadelik of laat
afkoel, bedek en bêre in yskas.
Verhit dan vir 10-15 min by 180°C.
<<<Terug na begin>>>
Ingestuur deur Gerbrecht
1 Hoender
3 blikke 'Sweetcorn'
300 ml Mayonnaise
2 pakke Kaas en Uie skyfies
1 pakkie Sampioensoppoeier
1½ kop Melk
·
Kook hoender met sout, peper en naeltjies. Laat afkoel en ontbeen.
Sny in happie-groottes. Smeer bak liggies.
·
Sit laag 'sweetcorn' onder in bak. Sit dan ‘n laag hoender bo-op
sweetcorn. Plaas ‘n paar lepels-vol mayonnaise bo-op hoender en versprei
liggies. Krummel skyfies oor. Herhaal die lae weer.
·
Kook soppoeier met melk en gooi oor hoender. Krummel laaste weer ‘n
laag skyfies oor.
·
Bak 20 minute by 180°C/350°F.
<<<Terug na begin>>>
2 x 250g hoenderlewers, gewas en skoongemaak
3 middelslag uie, in ringe gesny
Vars gemaalde seesout, vars gemaalde swart peper,
gedroogde knoffel vlokkies
Knorr peri-peri
1/2 koppie sonneblomolie
2 eetlepels bisto
300-350 ml water
1/2 koppie perskeblatjang
·
Gooi die olie en so 1/2 koppie
peri-peri in 'n braaipan en soteer die uie daarin. Geur intussen die
hoenderlewers met sout, peper en knoffel. Sodra die uie deurskynend begin raak
voeg jy die hoenderlewers by en roerbraai tot gaar.
·
Maak die bisto aan met die water en
voeg, blatjang by. Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat prut
oor lae hitte vir ongeveer 7 minute of totdat die sous lekker dik is.
·
Bedien onmiddellik saam met vars
broodrolletjies - as 'n voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as
hoofgereg.
<<<Terug na begin>>>
Kobus het hierdie ingestuur - Innes Benadé se resep
125 g swoerdlose spekvleis
gesnipper
3 groot uie, in ¼ gesny, en
weer gehalveer
2 groen soetrissies, in ¼
gesny, en weer gehalveer
200 g vars groen aspersies,
in 3 cm stukkies gesny
125 g knopiesampioene, in
skyfies gesny 6
hoenderbors filette, in repies gesny
½ kop broccoli, in
blommetjies gebreek
60 ml olyfolie
1 blik aspersieroomsop
250 ml droë wit wyn
125 ml hoenderaftreksel
250 ml room
sout en peper na smaak
vars roosmaryn na smaak
·
Braai spek oor lae hitte in
swaarboomkastrol, voeg uie en soetrissies by, sorteer tot sag en glansend. Roer bietjie olyfolie by indien
nodig. Skep uit met gaatjieslepel.
·
Verhit orige olyfolie in
kastrol en braai hoender vinnig tot ligbruin.
·
Roer spek, uie, soetrissies
terug in kastrol en voeg broccoli, aspersies, sampioene, aspersieroomsop, wyn en
aftreksel by. Geur na smaak. Verhit
tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op.
Laat prut oor lae hitte tot groente net sag is.
·
Roer room by, geur na smaak
en sit voor saam met rys of vars 'baguettes'.
<<<Terug na begin>>>
8 Hoenderboudjies of dye
250 ml Blatjang
50 ml Heuning
50 ml Mayonnaise
10 ml Kerriepoeier
5 ml Sout
1 Blik Perskeskywe (410 g)
·
Voorverhit die oond tot 180ºC. Plaas die
hoenderstukke in 'n oondkastrol met 'n deksel.
·
Meng die blatjang, heuning, mayonnaise, kerriepoeier en
sout. Gooi dit oor die hoenderstukke, sit die deksel op en bak dit 90
minute.
·
Haal die deksel af, skep die olie wat bo-op dryf af en
plaas die perskeskywe tussen die hoenderstukke en bak dit nog 30 minute (sonder
deksel).
·
Sit dit voor met mengelslaai en rys.
<<<Terug na begin>>>
Van
Tokkie ontvang
1 groot hoender
2 pakkies sampioene
1 pak gesnipperde spek
2 koppies bruin rys
1 bottel mayonaisse
1 groot pak "chutney chips"
1 teelepel hoenderspeserye
1 teelepel paprika
1 groot ui
sout en peper na smaak
·
Braai ui in bietjie olie tot sag. Sny hoender in
stukke en braai saam met uie. Voeg speserye, sout en peper by. Kook hoender tot
sag. Verwyder al die bene en maak fyn.
·
Kook rys solank eenkant tot gaar.
·
Braai spek en sampione tot gaar. Druk "chips" fyn.
·
Gooi nou alles by die hoender asook die "chips" en
mayonaisse. Roer goed deur.
·
Gooi in gesmeerde bakskottel. Stel oond op 180 grade
C.
·
Rasper genoeg kaas bo-oor pastei. Plaas in
oond totdat die kaas gesmelt is.
·
Bedien saam met broodrolletjies en 'n mengelslaai
<<<Terug na begin>>>
Van Deon
uit Holland
4 halwe hoenderborsies
50 gr botter en 1 eetlepel olie
1/2 rooi soetrissie in stukkies
50 gr gerookte spek in stukkies
1 klein ui gekap
125 gr sampioene in skywe
1 knoffelhuisie gesnipperd
klein blikkie tamatiepasta
2 teelepels paprikapoeier
1 glasie vodka
2 dl room of koksroom (o.i.d.)
Peper en sout
Rooipeper
·
Sny die hoenderborsies in nie te klein stukke. Doen
die botter en die olie in die pan en braai die hoenderborsies rondom bruin. Neem
die vleis uit die pan en hou dit warm.
·
Bak die spek in die oorblywende vet ligbruin. Voeg
die ui, sampioene, soetrissie en knoffel by en laat meebakken.
·
Voeg tamatiepasta, paprika, vodka en room toe. Laat dit op 'n laag vuur inkook tot
'n dun sous, geur met peper en sout en rooipeper.
·
Voeg die stukkies hoenderborsies toe en laat dit saam op
temperatuur kom.
<<<Terug na begin>>>
Van
Mariska:
6 hoenderborsie filette
250 ml wit wyn
250 ml hoenderaftreksel
2 ml swart peperkorrels
3 lourierblare
bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap
45 ml pietersielie, gekap
3 groot mango's, geskil en gesny
Gemmer mayonnaise
200 ml mayonnaise
200 ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30 ml suurlemoensap
10 ml heuning
sout en peper na smaak
1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
·
Meng
alle mayonnaisebestanddele saam, geur en verkoel.
·
Kook
hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourierblare. Sodra gaar, sny in stukkies.
·
Meng
gaar hoender met seldery, pietersielie en mangoskyfies. Meng met
gemmermayonnaise.
<<<Terug na begin>>>
Elizabeth - heerlik en beproef
·
Kook beet gaar en trek die skille af.
Kook saam:
3 koppies asyn
2 koppies suiker
12 teelepels kaneel
2 koppies water
14 teelepels gemmer
1 eetlepel sout
14 teelepel naeltjies
·
Gooi beet in stroop en kook so 5 minute saam.
Bottel WARM.
<<<Terug na begin>>>
1 1/2 pakke vingerbeskuitjies
375ml sterk, swart afgekoelde koffie
5 eiergele
200ml strooisuiker
75 ml brandewyn of rum
3 x 250g gladde roomkaas
1 groot sjokolade slabs (gewoon)
250 ml vars room
1 klein bottel marachino kersies (ingelê in stroop)
·
Pak die vingerbeskuitjies op die bodem
van ‘n bak van 24x24cm. Giet die
koffie bo-oor.
·
Klits die eiergele en strooisuiker
saam tot lig en dik. Voeg die
brandewyn of rum by en meng.
Meng die maaskaas met die eiermengsel en skep uit op die vingerbeskuitjies. Verkoel. Versier met sjokolade
blare en krulle. Bedien 10 mense
<<<Terug na begin>>>
2 gekapte uie
1 blik boeliebief (300gm) fyngemaak
30 ml blatjang
30 ml mayonnaise
3 eiers
125 ml melk
8 snye witbrood
1 koppie gerasperde kaas
·
Stel oond op 180°C. Klits eiers
en melk saam. Meng al die ander
bestanddele behalwe die brood saam.
·
Pak vier snye brood met korsies in gesmeerde oondbak. Gooi helfte van eier-en-melk-mengsel
bo-oor. Smeer helfte van biefmengsel
bo-oor.
·
Pak ander vier snye brood bo-op die biefmengsel en gooi die res van die
eier-melk-mengsel bo-oor. Strooi
gerasperde kaas bo-oor.
·
Bak vir 30 minute of tot gestol by 180°C.
Bedien met mengelslaai
<<<Terug na begin>>>
500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)
1 blik kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies
Botter
·
Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.
·
Meng Jogurt en kondensmelk goed.
·
Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.
·
Sit in yskas vir ± 1½ uur.
<<<Terug na begin>>>
240 g (500 ml) koekmeel
2 ml sout
250 g (315 ml) botter
85 ml yskoue sodawater
20 ml brandewyn
200 g (500 ml cheddar-kaas gerasper
Paprika
·
Voorverhit die oond tot 200ºC. Smeer 'n bakplaat.
·
Sif die meel en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot goed
gemeng. Meng die sodawater en brandewyn. Voeg by die meel mengsel en meng tot 'n
gladde deeg. Plaas 30 minute lank in yskas om te rus.
·
Rol die deeg uit in 'n vierkant 3 mm dik. Sprinkel kaas oor. Rol die deeg op
soos 'n rolkoek. Sny in 1 cm skyfies. Plaas op die voorbereide bakplaat. Bak
10-12 minute lank. Lewer 36 wiele.
<<<Terug na begin>>>
Lewer een
brood
500 g bruismeel
500 ml karringmelk
5 ml sout
375 ml gerasperde cheddar
1 t gedroogde pietersielie
5 ml mosterdpoeier
5 ml Aromat
½ pakkie dik wit uiesop
·
Meng al die bestanddele saam met een koppie kaas. Gooi in 'n broodpan.
·
Strooi die res van die kaas bo-oor en bak in 'n
voorverhitte oond van 190°C vir 45 minute.
Wag totdat die brood afgekoel het voordat hy uitgekeer word.
·
Hy moet heeltemal op kamertemperatuur wees voordat hy
voorgesit word. Bedien saam met botter.
<<<Terug na begin>>>
500 g
(1 pak) gaar klein skulpiepasta
Slaai:
Bietjie olie
1 fyngekapte ui
5
fyngekapte selderystingels
1 pakkie sampioene in skyfies gesny
1
rooi soetrissie in blokkies gesny
3 fyngesnyde grasuie
15 ml
(1 eet) varsgekapte pietersielie
1 ½ k Goudakaas in blokkies gesny
100g
(1 pakkie) pekanneute grof gekap
1 ½ k Mozzarella kaas in blokkies gesny
Kerrie-slaaisous
397 g
(1 blik) kondensmelk
250 ml (1 k) mayonnaise
10 ml
(2 teel) kerriepoeier
15 ml (1 eet) witasyn
Knypie sous
Slaai:
·
Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg seldery en sampioene by en
soteer net vinnig. Voeg soetrissie
by en soteer nog 2 min. (groente hoef nie gaar te wees nie en mag nog bros
wees). Skep uit met gaaitjielepel.
·
Roer groente by pasta. Voeg pietersielie en grasuie ook by.
·
Roer kase en neute by net voor
bediening.
Sous:
·
Meng kondensmelk en mayonnaise. Meng asyn, kerrie en sout en voeg by
mayonnaise-mengsel. Roer tot glad.
·
Hou slaai en sous apart tot voor
opdiening en voeg dan alles tesame. Voeg kase en neute by en meng deur. Bedien 6-8 porsies.
<<<Terug na begin>>>
2 sirkels fetakaas, gekrummel
200 g ricottakaas, gekrummel
125 ml amandels, gerooster en fyngekap
1 eiergeel
vars swartpeper
5 velle filodeeg
125 g gesmelte botter
heuning vir bediening
·
Verhit oond tot 180°C.
·
Meng feta, ricotta en amandels in bakkie en roer eiergeel en peper by.
·
Neem een filovel, verf met botter en sny dit in die lengte in 4 stroke.
(Bedek res van filo met klam vadoek vir uitdroging)
·
Skep van die kaasvulsel op, vou kante in en rol op soos sigaar. Herhaal tot al die vulsel gebruik is
– ongeveer 20 rolletjies.
·
Pak op bakplaat en verf weer met gesmelte botter.
·
Bak ongeveer 20 min tot goudbruin.
·
Om voor te sit, drup heuning bo-oor en bedien warm.
<<<Terug na begin>>>
(Magda Barnard)
Vulsel
1 x 500 ml ultramel room – styf geklits
Meng
2 x blikkies kondensmelk
425 ml suurlemoensap
10 ml gelatien
·
Klits alles saam en laat bietjie staan
om te set en voeg dan by die room en meng goed
Kors
1½ pakkie lemon
creams – fyn gedruk 125 g margarine
of botter
·
Kyk dat die krummels mooi klam is
anders mors dit baie wanneer die koek gesny word.
Enige ander beskuitjies kan gebruik word
·
Gebruik ‘n 28 cm los boom pan wat
gespuit is. Trek die boom oor met
gladwrap en spuit dit ‘n bietjie want dan is die bokant mooi glad.
·
Gooi die vulsel in en laat ‘n bietjie
set.
·
Druk die beskuitjies bo-op vas en maak
seker dit is mooi gelyk.
·
Laat oornag in die yskas. Keer uit op ‘n koekbord en versier
met styfgeklopte room en vrugte van eie keuse.
·
Appelkosies, aarbeie en kiwi vrug is
mooi kleurvol.
·
Hoop jou kaaskoek is ‘n sukses. Jy kan ook die bestanddele halveer
vir ‘n kleiner koek na gelang van behoefte.
<<<Terug na begin>>>
Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en
trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas
as kors.)
Vulsel:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
·
Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af, voeg 'n
bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.
·
Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies,
en voeg by.
·
Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas
vir net 15 minute - en dien op.
·
Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood -
dien op met roomys
<<<Terug na begin>>>
Kobus
250 ml gerasperde kaas
5 ml koekmeel
3 ml tiemie of kruie
knippie rooipeper
Stel oond op 200°C.
Meng bestanddele. Skep in hopies op
bakplaat. Druk effe plat. Bak 8 min.
<<<Terug na begin>>>
(Drupbeslag)
1 k koekmeelblom
1 k gerasperde Cheddarkaas
1 k melk
15 ml bakpoeier
paprika na smaak
·
Meng alles goed saam. Skep lepelsvol in 'n gesmeerde
kolwyntjiepan. (Dit is 'n slap beslag). Bak dit 12 min lank by 180ºC.
<<<Terug na begin>>>
[Maak 6 halwe snackwiches – of 6 groot
muffins] (Emily Kruger)
Klits saam:
1/2 koppie Kookolie
2 eiers
1 1/2 koppie melk
2 koppie koekmeel
4 teel bakpoeier
Knippie sout
2 koppie gerasperde kaas
2 eetlepel suiker (opsioneel)
Verhit snackwicher tot warm en voer uit met foelie. Skep lepelsvol in bakkies, maak toe
en bak tot goudkleurig (± 7 minute).
Bedien soos verkies.
Wenk: Skep deeg in
muffinpan en bak in voorverhitte oond van 180°C vir 20 min of tot gaar as
getoets word
<<<Terug na begin>>>
12 koppies klaar gespringde 'popcorn'
Stroop:
2 koppies wit suiker
knypie sout
1 teelepel karamelgeursel
125 ml stroop
2 koppies water
·
Sprei die 'popcorn' eweredig op bakplaat met waspapier uitgelê. Meng stroopbestanddele, bring tot
kookpunt oor matige hitte totdat die suiker opgelos het. As daar suikerkristalle
teen die kante vassit verf dit afmet 'n kwassie wat in koue water gedompel is.
·
Kook die stroop, roer effens, en los om te kook, moenie roer nie, hou dop
vir oorkook. As 'n bietjie stroop in
yskoue water gegooi word, en maak drade wat styf en bros is, dan is dit reg.
·
Gooi die stroop eweredig oor die 'popcorn' en meng vinnig deur met 'n plat
spaan, druk verspreid oor pan. Laat
effens afkoel voordat die 'popcorn' los van mekaar gebreek word. Laat dit
heeltemal koud word, geniet !!
<<<Terug na begin>>>
Dit is werklik baie suksesvol!
500 g Bruismeel
190 g Botter
90-95 g Strooisuiker
2 Ekstra groot eiers
4½ eetlepels Karringmelk
½ teelepel Bakpoeier indien nodig
·
Meng die meel en botter tot dit soos broodkrummels voel. Voeg strooisuiker
by en meng goed. Klop die karringmelk en eiers bymekaar en gooi by die
meelmengsel. Knie die mengsel tot dit los raak van die bak. (Gooi 'n bietjie
karringmelk by indien nodig).
·
Rol uit tot 'n dikte van ongeveer 25 mm ('n duim). Druk uit met 'n
skondrukker. Plaas op bak/oondpan. Strooi 'n bietjie meel oor en smeer met 'n
bietjie melk. Bak vir 12-15 min. teen 200°C.
<<<Terug na begin>>>
Beslag
½ koppie appelkooskonfyt
2 teelepels koeksoda
½ koppie botter of margarine
1½ koppie meelblom
Stroop
3 koppie water
3eetlepels asyn
2 eetlepels brandewyn
1¼ koppie suiker
½ teelepel kaneel
½ teelepel gemmer
·
Meng appelkooskonfyt en botter tot slap gemeng. Voeg dan die meel en
koeksoda by.
·
Meng al stroopbestanddele en kook vir 5 minute. Skep lepels vol van beslag
in stroop.
·
Plaas deksel op kastrol. Kook stadig vir 15 minute. Bedien met vla gegeur
met karamelgeursel.
<<<Terug na begin>>>
Kobus
450 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml rooipeper
5 ml bakpoeier
10-15 ml kerriepoeier
185 g botter/margarien
500 ml gerasperde kaas
100-125ml yskoue water
ekstra fyn sout
·
Stel oond op 200°C. Sif meel,
sout, rooipeper, bakpoeier en kerriepoeier saam.
·
Vryf botter in. Voeg kaas by,
maak mengsel met yswater aan.
·
Rol deeg uit, strooi fyn sout.
Druk beskuitjies uit.
·
Plaas op bakplaat, 10 min in yskas.
Bak 10 - 15 min
<<<Terug na begin>>>
2 snye bruinbrood
700 g maalvleis
1 fyngekapte ui
125 ml (½ k) fyngekapte pietersielie
1,25 ml (¼ t) fyn wonderpeper
2,5 ml (½ t) fyn koljander
1,25 ml (¼ t) fyn kruinaeltjies
6,25 ml (1¼ t) fyn neutmuskaat
7,5 ml (1½ t) sout
45 ml (3 E) wit asyn
125 ml (½ k) appelkoosblatjang
·
Week die brood in water, druk dit uit en meng dit met die
maalvleis. Gooi die fyngekapte ui en
pietersielie by. Geur met die
wonderpeper, koljander, fyn kruinaeltjies, neutmuskaat en sout. Voeg die asyn en appelkoosblatjang by
en meng alles liggies met 'n vurk of die vingerpunte.
·
Rol frikkadelle tussen die handpalms, pak hulle in 'n
oondskottel en maak die kerrie-uiesmoor.
Kerrie-uiesmoor
5 groot uie
30 ml (2 E) kookolie vir braai
15 ml (1 E) kerriepoeier
15 ml (1 E) borrie
15 ml (1 E) mielieblom
180 ml (¾ k) blatjang
250 ml (½ k) appelkooskonfyt
·
Sny die uie in groterige ringe. Braai dit in 'n bietjie
kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt en voeg dit by
die uie. Laat dit goed deurkook en
skep daarvan onder in 'n oondskottel.
·
Pak die frikkadelle daarop en gooi die res van die
kerrie-uiesmoor bo-oor. Bak vir een
uur teen 180º C.
<<<Terug na begin>>>
Roderick - Heerlik by enige maaltyd
1 pak noedels
1 green pepper
2 uie
125ml olie
125ml asyn
200ml suiker
250ml tamatiesous
25ml kerrie poeier (matig)
Swart peper en sout na smaak
·
Kook noedels. Braai green pepper
en uie saam.
·
Kook ander bestandele saam.
·
Meng alles saam - Dis 'n heerlike slaai!
<<<Terug na begin>>>
(Op kole gebraai)
Sny gekapte kruisskyf in porsies. Sout en peper en lê oornag in sous.
Sous:
Klits 1 eier en voeg by:
2 e Tamatiesous
2 e Worcestersous
2 e asyn
2 t kerriepoeier
1 e kookolie
2 e blatjang
1 gerasperde ui
3 huisies knoffel gekap
Braai vleis in rooster op kole.
<<<Terug na begin>>>
Van
Mariska:
350 ml gaar bruin of gespikkelde bone
1 medium tamatie, in blokkies gesny
1 medium ui, gekap
50 ml rosyne
5 ml kerriepoeier
3 ml sout
3 selderystingels, in stukkies gesny
knippie peper
Franse slaaisous
slaaiblare om bak mee uit te voer
·
Meng
al die bestanddele liggies. Voer ‘n
slaaibak uit met die slaaiblare en skep die slaaimengsel daarin. Verkoel die slaai voor opdiening.
Variasies:
·
Vervang die tamatie met ½ pynappel wat in blokkies gesny is.
·
Vervang die seldery met ‘n klein groen soetrissie wat in blokkies gesny is.
<<<Terug na begin>>>
250 ml kookwater
180 ml gesifte kakao
125 ml melk
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeel
7 ml koeksoda
2,5 ml sout
250 ml botter
315 ml (250 g) sagte bruinsuiker
180 ml (150 g) suiker
4 eiers
·
Verhit oond tot 180°C en smeer koekpanne.
·
Klits kookwater en kakao tot glad.
Klits melk en geursel by.
·
Sif koekmeel, koeksoda en sout in 'n ander mengbak.
·
Klits botter, bruinsuiker en suiker tot donsig en klits dan eiers by. Klits tot deeglik gemeng.
·
Voeg kakao en meel om die beurt by en klits baie goed na elke byvoeging -
die beslag kan lyk of dit skif – dis reg).
·
Skep beslag in koekpan en bak vir sowat 1 uur tot gaar en uitgerys. Laat in pan afkoel.
Sjokolade-Suurroom-Versiersel
300 g sjokolade (in blokkies gebreek)
250 ml suurroom
5 ml vanillageursel
·
Smelt sjokolade en suurroom saam en roer geursel by.
·
Laat effens afkoel voor die koek versier word.
<<<Terug na begin>>>
Laura - 'n Nagereg vir 12 mense. Die resep kan met sukses gehalveer
word. Niemand sal raai dis broodpoeding nie!
4 x 250 ml witbroodblokkies, korsies verwyder
1 liter melk
500 ml (2 k) suiker
6 eiers
60 ml (4 E) botter
500 ml (2K) klapper
1 E appelkooskonfyt
·
Week die broodblokkies in die melk ten minste 30 minute of langer. Room die eiers, suiker en botter
saam. Voeg die res van die bestanddele by
en meng deeglik.
·
Gooi in gesmeerde oondskottel.
Bak by 180 grade Celsius vir 1 uur of tot goudbruin en gestol.
<<<Terug na begin>>>
1 kg Vetkoek deeg - deeg wat by "Spar/Checkers" te koop
is.
500 (Vyf honderd) ml Ultramel room /enige ander volroom
Kaas - Soveel soos wat jy wil insit
Gebraaide spek (opsioneel)
Gekapte swart olywe (opsioneel)
Knoffel - Soveel soos wat jy wil insit
·
Maak die deeg in lang vorm (soos 'n
brood),
·
Sny dit in die middel oop (in lengte),
voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
Draai die deeg om met gesnyde kant na onder
·
Plaas die deeg in gesmeerde broodpan
/oondpan (pan moet diep wees)
·
Gooi 375 ml room oor die deeg, Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor
·
Vooraf verhit die oond tot 180 grade, Bak ongeveer uur .
·
Gooi die laaste room oor - 5 minute voor die brood uitgehaal
word.
·
Die warm brood kan in die room in pan
gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word. Hoe langer die brood in die room lê
hoe lekkerder!
<<<Terug na begin>>>
Choux-deeg:
75 g botter
175 ml water
230 ml koekmeel
knippie sout
3 eiers
·
Verhit oond tot 200°C en smeer bakplaat.
·
Verhit botter en water op stoof.
Sodra water en botter kook, verwyder van hitte.
·
Roer meel en sou by met houtlepel en klop totdat deeg 'n bol vorm en die
kante van die kastrol wegtrek.
·
Voeg eiers een vir een by en klop glad na elke byvoeging.
·
Gebruik spuitsak of 2 lepels en skep hopies op bakplaat. Bak tot goudbruin en gepof.
Koffievulsel:
90 ml (45 g) koekmeel
knippie sout
150 ml suiker
6 eiergele
500 ml melk
15 ml kakao
30 ml kits-espresso koffiepoeier
·
Sif meel en sout.
·
Klits eiergele en suiker saam tot dik en lig van kleur. Klits meel versigtig
by eiermengsel.
·
Verhit melk tot kookpunt en laat afkoel tot louwarm. Gooi melk by eiermengsel terwyl
geklits word.
·
Gooi koffie en kakao by en gooi alles in kastrolletjie waarin melk verhit
is.
·
Verhit mengsel by matige hitte tot kookpunt terwyl geroer word.
·
Sit kleefplastiek direk op mengsel (verhoed velletjie) en laat afkoel.
·
Skep in spuitsak en vul poffertjies. (Plastieksak met hoekie afgesny, kan
ook gebruik word).
Karamel
250 ml (200 g) strooisuiker
500 ml water
·
Verhit suiker en water in kastrol tot suiker opgelos is. Prut tot amper diep karamelkleur.
·
Doop poffertjies vinnig in karamel en pak op bedieningsbord.
<<<Terug na begin>>>
5 koppies water
1 koppie suiker
1 desertlepel botter
½ teelepel sout
1 teelepel vanieljegeursel
Kook alles saam.
Deeg:
5 eetlepels botter
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 desertlepel koeksoda
2 koppies koekmeel
·
Smelt botter en appelkooskonfyt. Voeg koeksoda by en roer tot skuim.
Roer net genoeg meel by om ‘n stywe deeg te vorm.
·
Skep deeg in stroop. Kook 20 minute lank. Moenie deksel oplig
nie.
<<<Terug na begin>>>
Van
Mariska:
500 ml koue, gaar rys
200 g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
37.5ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
·
Meng
die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise,
blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook.
·
Voeg
die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.
<<<Terug na begin>>>
1 pakkie tenniskoekies (fyngemaak)
1/2 k bruinsuuiker
1/2 k klapper
1/2 k gesmelte margarien/botter
Meng alles saam
1 blik kondensmelk
Roer 1/2 k suurlemoensap by
1 koppie vars room
·
Klop 1 k room en vou liggies by
suurlemoen en kondensmelkmengsel (moenie nou al eet nie…..)
·
Wissel lagies koekies en kondensmelk
af in 'n groot bak of individuele bakkies/glasies. Begin met krummels en eindig met
kondensmelk.
·
Rond af met 'n kersie of gekrummelde
flake. Verkoel goed (die moeilikste
deel) voordat jy dit bedien.
<<<Terug na begin>>>
Van
Mariska:
200 g lensies
200 g ongepoleerde rys
1 middelslag ui, geskil en fyngekap
1 knoffelhuisie gekneus
200 ml fyngekapte pietersielie
sout en peper na smaak
175 ml lae-vet slaai-olie
75 ml asyn of suurlemoensap
·
Gooi
lensies en rys saam in 'n bak en bedek dit met koue water. Laat dit sowat 2 uur week. Spoel in 'n sif onder lopende water
af en plaas in 'n kastrol. Voeg koue
water en sout na smaak by en kook dit sowat 20 minute tot sag maar nie pap nie.
·
Dreineer in 'n vergiettes. Gooi in
slaaibak. Voeg uie, knoffel,
pietersielie sout en peper by en meng. Meng slaai-olie en asyn of suurlemoensap
en gooi oor.
<<<Terug na begin>>>
'n Diep
no. 3-platboompot word aanbeveel.
20 ml kookolie
300 g gemaalde beesvleis
200 g gemaalde varkvleis
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
250 ml rou rys
10 ml matige kerriepoeier
3ml borrie
1 pypkaneelstokkie
1 lourierblaar
3 ryp tamaties, geskil en gekap
200 g vars groenboontjies, gekerf
250 ml bevrore wortelblokkies
50 ml vrugteblatjang
sout en vars gemaalde peper
375 ml hoenderaftreksel
·
Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat
dit van kleur verander. Skep dit uit
en hou eenkant.
·
Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die
uie deurskynend is. Voeg die rys,
kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute.
·
Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die
tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor
die groenboontjies en geur met sout en peper.
·
Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die
potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-45
minute.
<<<Terug na begin>>>
(Met
erkenning aan Tjailatyd)
1 groot ui, gekap
4 eetlepels olie
1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou
winkelknoffel)
1kg maer beesmaalvleis
2 eetlepels vars pietersielie
2 eiers, lig geklits
sout na smaak
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein
blokkies gesny
Kruie
150g Cheddarkaas, gerasper
·
Verhit die oond tot 180 grade Celsius. Braai die uie tot net gaar in 'n
bietjie olie.
·
Gooi die knoffel by en braai verder vir een minuut. Hou eenkant.
·
Meng al die droë bestanddele saam. Meng dit met die maalvleis en die
eiers.
·
Druk die maalvleis uit op 'n stuk kleefplastiek tot 1cm
dikte. Smeer 'n lagie van die uie en
knoffel oor die uitgerolde maalvleis.
Sprinkel die kaas oor.
·
Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die
kleefplastiek.
·
Plaas die vleisrol in 'n oondskottel. Bak vir 45 minute tot die kaas begin
uitloop aan die kante. Bedien met 'n
sous van jou keuse, pasta en groente.
<<<Terug na begin>>>
Ingestuur
deur Lynette
1 pakkie spek
1 groenrissie, opgekap
1 ui, opgekap
1 pakkie sampioene, opgekap
Macaroni
500 tot 750 ml melk
Maizena
Gemengde speserye
Tamaties
Gerasperde cheddarkaas
·
Maak macaroni op gewone manier gaar. Braai uie in bietjie olie en voeg
groenrissie en spek by. Braai ook
sampioene saam.
·
Gooi die melk by.
Sodra melk begin kook, voeg Maizena en gemengde speserye by.
·
Voeg die sous by macaroni en plaas in oondbak. Sny tamaties in skywe en plaas bo-op
die macaroni.
·
Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond
teen 180 ºC vir halfuur tot gaar.
<<<Terug na begin>>>
Ingestuur
deur Martie - Heerlik saam met gebraaide of koue vleis – lewer agt porsies)
2 liters water
10 ml sout (2 t)
5 ml kookolie (1 t)
1 pynappeltjie
300 g gewone of elmboogmacaroni (500 ml/2 koppies)
3-4 piesangs
1 blikkie groen ertjies, gedreineer (225g)
1 blik heel, ontpitte lietjies, gedreineer (565 g)
Biersous:
125 ml bier (½ kop)
125 ml mayonnaise (½ kop)
·
Laat water vinnig kook en voeg sout en olie by. Voeg macaroni by en kook vir min of
meer 12 minute (moenie pap kook nie).
Dreineer en laat afkoel.
·
Skil pynappel en sny in blokkies. Skil piesangs en sny in skyfies (gooi
bietjie suurlemoensap oor om te verhoed dat dit verkleur.
·
Plaas macaroni, pynappelstukkies, piesangskyfies, lietjies
en ertjies in ‘n groot slaaibak.
Klop die bier en mayonnaise tot gemeng.
·
Goor oor slaai bestanddele en meng baie liggies met twee
groot vurke. Verkoel.
<<<Terug na begin>>>
Lorette
Vulsel
1 groot ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Olie
1 pakkie sampioene
1 heel hoender, saggekook en ontbeen 45 ml (3e)
sampioenroomsoppoeier
125 ml (½ k) melk
15 ml (1e) suurlemoensap
sout en peper
Kors
250 ml (1 k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
1 eier geklits
125 ml (½ k) olie
125 (½ k) melk
·
Voorverhit die oond op 180ºC. Soteer die uie en knoffel in olie tot sag.
Voeg die ontbeende hoendervleis by. Skep in 'n gesmeerde oondbak.
·
Meng die soppoeier met bietjie water en voeg die melk by. Bring tot kookpunt
terwyl aanhoudend geroer word. Geur met suurlemoensap, sout en peper. Verhit tot
die mengsel kook en verdik. Skep die hoendermengsel in voorbereide bak.
·
Meng olie, koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg die eier; olie en melk
by en roer tot glad.
·
Giet oor die hoendermengsel en bak vir 25 minute of tot die kors gaar en
goudbruin is.
<<<Terug na begin>>>
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
knippie sout
1 teelepel soda
1 koppie melk
1 eier
1 teelepel asyn
1 eetlepel botter
1 eetlepel appelkooskonfyt
Sous:
1 koppie room
¾ koppie water
1 teelepel vanilla
¾ koppie suiker
2 eetlepels botter
·
Sif droë bestanddele saam.
Klits eier. Voeg droë
bestanddele en melk by.
·
Smelt botter, asyn en konfyt saam en voeg by mengsel.
·
Bak ±¾ uur teen 170ºC in bak met deksel.
·
Meng sous se bestanddele en maak warm. Gooi sous oor warm poeding sodat dit
kan intrek. As die sous maklik
intrek dan weet jy die poeding gaan reg wees.
<<<Terug na begin>>>
[Emily Kruger]
Bedien: 4-6
Bereidingstyd: 10 min
Baktyd: 45 min
Oond: 160°C
20 ml Marokkaanse Vryfmengsel (resep onder)
15 ml Knoffel Puree met Dhania & Gemmer (SPAR)
15 ml Olyfolie
1 blik gekapte geskilde tamaties
1 pak Hoender dye en boudjies (8 porsies) 250 ml matige blatjang
1 ui fyngekap
15 ml koekmeel
·
Meng die marokkanse vryfmengsel met
die Knoffel en olyfolie in ‘n klein bakkie om ‘n pasta te vorm. Vryf dit oor die hoenderstukke en pak
die hoender in ‘n oondskottel
·
Meng die tamaties, blatjang, ui en
meel in ‘n aparte bakkie en gooi dit oor die hoender.
·
Bak die gereg in die oond vir 45
minute (eeerste 30 min met deksel en dan laaste 15 min sonder ‘n deksel) – draai
die hoenderporsies kort-kort om.
·
Bedien die hoender met koeskoes of
basmati/bruin rys/pasta.
*Marokkaanse
Speserye
15 ml Paprika
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
5 ml rissiepoeier
5 ml fyn gemmer
2 ml kaneel
Meng tesame en bêre in spesery botteltjie.
<<<Terug na begin>>>
300 g Malvalekkers
1 Blikkie fyn pynappel
175 ml Grenadella joghurt
·
Sny malvalekkers in kwarte. Meng
al die bestanddele saam.
·
Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
<<<Terug na begin>>>
Hier is 'n resep om Mayonnaise 'n bietjie te rek en dit smaak nogal baie lekker.
Veral die kinders is baie lief daarvoor, want dit het nie daardie byt in nie. Ek
gebruik ook altyd die mayonnaise wat nie so ryk is nie.
1 bottel mayonnaise
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk
·
Meng alles goed saam en gooi terug in bottel. Maak 2 bottels vol.
<<<Terug na begin>>>
Tant Helie (Sarie Kos) [1 melktert]
Verhit oond tot 260°C. Maak kors en
sit die pan in die yskas tot vulsel gereed is.
(Rol broskors/blaardeeg uit en voer pan daarmee uit)
Mengsel 1:
Meng goed saam:
42 g [75 ml] koekmeel
50 ml mielieblom
50 ml suiker
1 ml sout
125 ml melk
Mengsel 2:
Meng goed saam:
2 eiergele
25 ml suiker
2 druppels egg yellow
4 druppels amandel geursel
7 ml vanillageursel
Mengsel 3:
Hou eenkant tot laaste:
2 eierwitte
½ ml kremerart
25 ml suiker
Kook saam:
550 ml melk
10 ml botter
2 stukke pypkaneel
·
Sodra melk amper kook, haal van stoof
af en roer mengsel 1 goed by tot glad.
·
Verhit weer en en roer mengsel 2 goed
by en laat net weer goed deur verhit.
·
Klits mengsel 3 tot net styf en vou by
mengsel in. Gooi in voorbereide
tertpan in en strooi kaneel liggies oor.
Bak in voorverhitte oond vir 10 minute.
Verlaag hitte na 200°C en bak nog 10 minute.
·
Indien dit te bruin word, plaas fielie
bo-oor tert met blink kant bo.
Bedien louwarm.
<<<Terug na begin>>>
Van Liza
1 Liter melk
1 Koppie suiker
1 Eetlepel margarien
20 ml vanielje-essens
1/2 Koppie Koekmeel
1/4 Koppie Maizena
3 Eiers
·
Gooi drie koppies melk, vanielje-essens, suiker en
margarien in 'n pot. Bring tot
kookpunt. Skei die eiers en klits
eierwitte styf.
·
Plaas in 'n mengbak:
·
1 koppie melk, eiergele, koekmeel en maizena. Meng to glad.
·
Meng warm melk met die meelmengsel en kook tot dik. Roer aanhoudend.
·
As dit dik is, haal af van plaat en vou stywe eierwitte
in. Plaas mariebeskuitjies of
tennisbeskuitjies in die basis van 'n bak.
·
Gooi warm mengsel bo-oor, laat afkoel en strooi pypkaneel
oor!
<<<Terug na begin>>>
(Kobie Nel)
Tennis beskuitjies (gepak in groot tertbak vir kors)
1 blik kondensmelk
1 blik melk
2 blikke water
12,5 ml (1E) Margarien
4 eiers geskei
150 ml mielieblom (aangemaak met bietjie melk)
7ml vanilla
·
Verhit die kondesmelk, melk, water en
margarien in ongeveer 8 min op 100% krag
·
Meng die eier gele, aangemaakte
mielieblom en vanilla saam en voeg by melkmengsel. Mikrogolf vir 4min by 100%
krag, roer na elke minuut tot lekker dik.
·
Klop eierwitte styf en vou in mengsel
in.
·
Gooi in tertbak, strooi kaneel bo-oor
en sit in die yskas tot afgekoel
<<<Terug na begin>>>
Ingestuur
deur Elzeth
800 g suiker
250 g botter
250 ml melk
250 ml kondensmelk
10 ml vanielje
10 ml fyn kaneel
·
Plaas al die bestanddele in 'n pot en bring tot kookpunt
terwyl jy oor lae hitte met 'n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel
goudbruin kleur kry, sowat 25 - 30 minute.
·
Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese
handklitser tot mengsel romerig is.
·
Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en
keer mengsel daarin uit. Laat afkoel
tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met
'n skerp mes.
<<<Terug na begin>>>
Wilna
·
7 eetlepels mieliemeel (genoeg vir 3) met sout in glasbak
(roer sout deur).
·
Dit sit jy in vir 3 minute
Hoog/Volle krag (gaarmaakproses).
·
Haal uit en roer deur met
'n koppie lou water (net om te bind).
·
Daarna roer jy dit deur met
2 koppies kook water (kan meer maak vir 'n slapper pap).
·
Sit terug vir 6 minute
Hoog/Volle krag, (laat deksel 2 mm oop, verhoed oorkook).
·
Meng daarna so 2 eetlepels
margarien in pap, en weer 6 min Hoog/Volle krag.
·
Siedaar - jy het mieliepap.
<<<Terug na begin>>>
(Saam met
braaivleis!) Jy benodig (vir 6)
2 koppies mieliemeel
4 koppies water
1 teelepel sout
3 eetlepels olyfolie of botter
2 eiers
2 hande vol kaas, gerasper
4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
1 teelepel rooipeper
1 teelepel paprika
1 koppie heel mieliepitte
6 sondroogtamaties, gekap
12 kersietamaties, gehalveer
Só maak jy
·
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
·
Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op
prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
·
Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap
daarby.
·
Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar
vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.
·
Wenk: Die
muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol
gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige
resep dié.
<<<Terug na begin>>>
1 eier
50 ml suiker
1 ml sout
2,5 ml maizena
25 ml asyn
100 ml water
2,5 ml mosterdpoeier
·
Meng en klits goed saam. (sommer in Quickshake)
·
Kook vir 3 min in Migkrogolf op 'High". Roer elke minuut.
·
Gooi oor - nie dood gekookte kool. OF oor tong, vleis.
·
Gebruik as doopsous.
<<<Terug na begin>>>
250 ml suiker (1 k)
62,5 ml water (1/4 k)
12.5 Stork margarien (1 E)
2 ml kremetart (knippie)
5 ml karamelessens (1 t)
2 ml sout (knippie)
2.5 ml asyn (1/2 t)
·
Kook vir 7 minute saam in mikrogolf op hoog, roer 'n paar keer. Gooi
karamelessens in. Roer springmielies
by sous in
<<<Terug na begin>>>
1 (2) Kop Meel
1 (2) Teelepel Koeksoda
1 (2) Kop Suiker
2 (4) Eiers
2 (4) Eetl Appelkooskonfyt
1 (2) Kop Melk
1 (2) Eetl Asyn
1 (2) Teelepel Sout
·
Meng eiers en melk. Voeg
by droë bestanddele - Meng
·
Meng koeksoda en Asyn,
voeg by res. Bak 15 - 18 min in Mikrogolf
Stroop
1 (2) Kop Suiker
1 (2) Kop Melk
1 (2) Kop Kookwater
3 (6) Eetl Botter
·
Kook saam en gooi oor
warm poeding.
<<<Terug na begin>>>
4 eiers
250 ml water
125 ml wit asyn
175 ml wit suiker
15 ml gelatine
15 ml mostertpoeier
2 ml borrie
1 ml sout
250 ml room
·
Klits eiers in boonste
deel van dubbelkoker.
·
Klits water en asyn by
eiers.
·
Meng suiker, gelatine,
mostertpoeier, borrie en sout saam en roer goed in by eiermengsel.
·
Plaas oor kookwater en
roer aanhoudend tot effens dik. Laat
afkoel - roer kort kort om 'n vel bo-op te voorkom.
·
Klits die room styf en
roer by die afgekoelde mengsel in.
·
Giet in 'n ringvorm
wat met Spray en Cook gespuit is.
·
Laat stol in yskas.
<<<Terug na begin>>>
Charlene: Maak 18 bottels (mild)
612 gram droëperskes
238 gram gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn
2 1/2 kg wit suiker
500 gram uie
120 gram sout
5 gram cayenne peper
·
Om
blatjang "hot" te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.
·
Om
perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram droëperskes.
·
Week
vrugte oornag in die druiwe-asyn. Kook dan in asyn tot sag en dreineer. Maal in
klein stukkies in 'n meul (of versnipper met 'n kombuismes)
·
Gooi
die vrugte, suiker (opgelos in 'n bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en
kook in 'n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid asyn hang af van die
vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die
eindproduk in die bottel.
·
Voeg
cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2-21/2 uur. Roer nou en dan met
'n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.
<<<Terug na begin>>>
Hierdie resep is eenvoudig heerlik om voor te berei, veral by braaivleis as jy
nie lus is vir sukkel nie.
2 pakkies murgpampoentjies (lang groenetjies) in lengte gehalveer
1 pakkie tamatieroomsop
1 houer (250 ml) room
·
Pak gehalveerde murgpampoentjies in 'n glasbak, enkellaag. Strooi droë tamatieroomsop bo-oor -
dit kan maar lekker dik lê. Gooi
houertjie room bo-oor alles. Bedek
met deksel/foelie.
·
Bak in oond vir 90 minute teen 140°C.
·
Die pampoentjies moet sag wees as gaar en die room sal dik wees. Dit lyk
vreeslik mooi met die groen, rooi en wit kombinasie op die bord.
<<<Terug na begin>>>
Ek stuur vir jou 'n resep wat my oumatjie baie vir ons gemaak het en ek
gebruik dit by al wat 'n funksie is en dit is 'n wenner. Nog lank voor enige van die ander
geregte verslind is, is hierdie al klaar.
Ek noem dit ook sommer so.
Enige maalvleis kan gebruik word en geur dit volgens smaak.
Maak frikkadelletjies so groot soos verkies. (Ek maak gewoonlik kleintjies)
Bak of braai tot mooi bruin.
Deeg:
2 koppies meelblom
2 teelepels bakpoeier
Bietjie sout
1 eier
·
Klits eier met 'n bietjie water en voeg by droë bestanddele. Maak 'n slapperige deeg aan.
·
Verhit olie tot goed warm soos vir vetkoek. Plaas frikkadelletjies in
deegmengsel en rol met 'n lepel tot dit met deeg bedek is.
·
Skep in olie en braai tot ligbruin of goed gaar. (Nogal vinnig gaar). Verwyder en besprinkel met Aromat.
·
Dit kan warm of koud bedien word en selfs saam met enige doopsous.
·
Geniet dit!
<<<Terug na begin>>>
Twee koppies fyn pampoen
Een eetlepel botter
Half teelepel sout
Kwart teelepel peper
Geel van een eier
Twee eetlepels meel
·
Bak, kook of stoom die pampoen tot gaar. Druk deur 'n sif.
Gooi botter, sout, peper en geel van 'n eier by.
·
Vorm klein frikkadelletjies, steek in eier en
broodkrummels en braai in vet.
<<<Terug na begin>>>
Lhonette
3 koppies pampoenmoes (gaar)
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
100 ml suiker
1 teelepel sout
2 eiers
1 koppie room
driekwart koppie melk
30 ml gesmelte botter
·
Meng alles en bak by 180 grade Celsius vir 40 - 60 minute of tot gaar.
·
Kan opsioneel bietjie kaneelsuiker liggies oorstrooi as uit die oond gehaal
word. Geniet dit!
<<<Terug na begin>>>
3 Koppies Bruismeel
1 Teelepel Bakpoeier (nie nodig nie)
5 Koppies Melk
1 Koppie Water
3 Eiers
1 Koppie Olie
1 Teelepel Sout
1 Teelepel Vanielje
·
Meng alles saam met klitser tot loperige vorm.
·
Onthou om te bak voor jy bedien!
·
Bedien met roomys en heuning of stroop vir ekstra geur.
<<<Terug na begin>>>
Bak 'n groot skon op die stoof. Dit is heerlik vir ontbyt,
'n ligte middagete of vir aandete.
160 g (325 ml) koekmeelblom
1 ml sout
10 ml bakpoeier
2 ml suiker
1 eier, geklits
125 ml melk
20 ml olie
·
Sif die droë bestanddele saam. Klits die res van die
bestanddele en voeg by die droë bestanddele. Roer tot net gemeng.
·
Smeer ‘n 20 cm pan goed met margarien en verhit op die
stoofplaat. Skep mengsel in wanneer warm. Bedek dadelik en bak tot bruin van
onder (omtrent 8 minute). Draai om en bak weer tot bruin. (Dis makliker om die
skon om te draai as dit in die helfte deurgesny word.)
·
Sny die skon in skywe en bedien met botter, konfyt,
heuning of kaas.
<<<Terug na begin>>>
Hou altyd ‘n voorraad van hierdie heerlike broodrolle in
die vrieskas, want dan het jy altyd iets lekkers om voor te sit wanneer jy
skielik ‘n ete moet saam flans. Die
patats in die deeg sorg dat die gaar rolle sag en klam is. Vir afwisseling kan aartappels pleks
van patats gebruik word.
1 kg witbroodmeelblom of koekmeel
1 koevert (10g) kits droë gis
70g (75ml) witsuiker
7ml sout
150g (160ml) botter/margarine
2 eiers geklits
250g (250ml) gaar, fyngemaakte, louwarm patats
400ml sterk lou water
·
Sif die meel, gis, suiker en sout
saam. Frummel die smeer daarin.
·
Meng die eiers en patats. Voeg dit saam met die water by die
meelmengsel en roer tot taamlik goed gemeng.
·
Knie dit nou om ‘n sagte, gladde,
elastiese deeg te vorm.
·
Plaas die deeg in ‘n groot houer wat
mildelik met sonneblomolie gesmeer is.
·
Draai die deeg om sodat die gesmeerde
onderkant bo is. Bedek die houer.
·
Laat die deeg in ‘n warm plek rys tot
dubbel die oorspronklike grootte.
·
Knie die deeg af, halveer dit en rol
elke helfte op ‘n meelbestrooide deegplank uit in ‘n sirkel met ‘n deursnee van
sowat 40cm.
·
Sny elke sirkel in 16 ewe groot
wiggies.
·
Begin by die ronde rand en rol elke
wiggie na die puntkant op.
·
Plaas die rolle met die puntkante
onder ‘n entjie van mekaar af op gesmeerde bakplate.
·
Bedek dit liggies (of plaas die
bakplate in groot plastieksakke) en laat die rolle by kamertemperatuur rys tot
dubbel die oorspronklike grootte.
·
Voorverhit die oond tot 200C (400F).
·
Verwyder die bedekking en bak die
rolle sowat 20 minute tot mooi goudbruin.
Laat hulle op ‘n draadrak afkoel.
Sit hulle louwarm of koud voor.
Lewer 32 broodrolle.
<<<Terug na begin>>>
1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 pak Orley Whip
1½ koppie melk
3 teelepels versiersuiker
1 pakkie kits Karamelpoeding
Soet wyn of sjerrie
Peppermint Crisp
·
Klits versiersuiker en orley whip goed saam.
Klits die poeding en melk ook.
·
Voeg die twee mengsels bymekaar.
Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak.
·
Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper sjokolade oor. Herhaal die lae.
·
Laat in yskas om goed styf te word.
<<<Terug na begin>>>
Emily Kruger -
[sowat 7 x 350 ml bottels]
Groente:
500g klein worteltjies [5mm skyfies gesny] 400g mini mielies [5mm skyfies gesny]
1 kg blomkool [klein blommetjies gesny] 3 uie [gekerf]
1 groot soetrissie [gekerf]
1 eetl vars gekerfde knoffel
·
Skil en sny worteltjies en kook vir 10
min in mikro tot net sag. Sny
mielietjies en kook in mikro vir 10 min tot net sag. Blomkool kan gevries wees maar indien
vars, kook vir 5 min tot net sag maar alle groente moet nog effens bros wees.
·
Braai ui, soetrisse en knoffel in
olyfolie tot net-net sag.
Sous:
250 ml water
9 eetl mielieblom
2 lt wit asyn
1 koppie (250 ml) water
1 1/2 koppie suiker
200 ml appelkooskonfyt
20 ml mostertpoeier
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
10 ml gemengde kruie
5 ml sout
·
Meng mielieblom met 250 ml water tot
opgelos en sit eenkant. Gooi al die
ander sous-bestanddele in kastrol en verhit tot suiker opgelos is en mengsel
begin prut. Roer mielieblomwater by
en kook vir 8 min tot mengsel verdik het.
Roer aanhoudend.
·
Gooi al die voorbereide groente by die
sous in die pot en prut liggies vir ±10 min terwyl versigtig geroer word. Die groente moet nie pap wees nie –
net-net bros.
·
Gooi in skoon warm bottels en bêre vir
minstens een week voor geëet word – hoe langer piccalilli staan, hoe beter die
smaak.
<<<Terug na begin>>>
[Emily – ontvang van
vriendin in Richardsbaai}
250 ml Witsuiker
250 ml Olie
3 ekstra groot eiers
375 ml Koekmeel
10 ml Kaneel
10 ml Bakpoeier
5 ml Koeksoda
Knippie sout
250 ml Gerasperde wortels
250 ml Fyngedrukte piesangs
·
Verhit oond tot 180 °C en smeer 2
broodpannetjies goed met botter en voer uit met waspapier. Klits eiers en suiker baie goed en
voeg dan olie by – meng baie goed.
·
Sif droë bestanddele saam en vou in
eiermengsel.
·
Voeg piesangs en wortels by en meng
baie goed.
·
Gooi in voorbereide panne en bak vir
40 tot 55 min tot toetspen skoon uitkom.
<<<Terug na begin>>>
125 ml botter – gesmelt
1 suurlemoen in skyfies gesny
1 tot 2 eetlepels droë 'Italian seasoning' 2
teelepels knoffel (vars of gedroog)
·
Pak 'prawns in' oondpan.
Gooi botter oor. Sit die
suurlemoenskywe bo-op die botter en 'prawns' neer. Sprinkel die 'Italian seasoning' en
knoffel oor.
·
Sit in voorverhitte oond vir 15 minute teen 350 grade F
(175 grade C)
<<<Terug na begin>>>
(4 porsies)
1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny
·
Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys
by en meng deur. Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender. Dreineer
pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
·
Gooi pynappelstukke en soetrissie by. Laat prut vir 10 min. tot net sag en
geur na smaak met sout en swartpeper. 'n Vullende
maaltyd in een gereg.
<<<Terug na begin>>>
1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 blik karamel kondensmelk
2 koevertjies Orley Whip
1 Peppermint Crisp
1 pakkie pynappel/suurlemoen jellie opgelos in 1 koppie kookwater
·
Klits room styf. Voeg die kondensmelk en afgekoelde jellie by en klits.
·
Pak laag beskuitjies, laag vulsel en gerasperde "pepermint crisp". Herhaal die lae.
·
Sit in yskas vir ten minste 2 dae voor gebruik.
<<<Terug na begin>>>
Lynette - ‘n Ou reseppie van my ma
1 groot blik fyngemaakte pynappel
½ koppie suiker
1 pakkie pynappeljellie
1 blik Ideal melk (oornag in yskas)
Pakkie tennisbeskuitjies
·
Gooi pynappelsous in kastrol. Voeg jellie en suiker by die
sap. Kook en roer tot opgelos. Laat
goed afkoel.
·
Klits Ideal melk tot styf en meng goed met jelliemengsel.
·
Voeg fyn pynappel by. Pak laag beskuitjies, gooi van die
vulsel oor.
·
Herhaal met beskuitjies en vulsel.
<<<Terug na begin>>>
250 g botter
500 ml koekmeel
2,5 ml sout
2,5 ml bakpoeier
600 ml cheddarkaas, fyn gerasper
Geroomde heuning
·
Verhit oond tot 180°C.
·
Verroom botter en voeg meel, sout en bakpoeier by. Meng goed.
·
Gooi kaas by en meng tot deeg.
Rol deeg in bolletjies en pak op gesmeerde bakplate. Druk met agterkant van houtlepel
gaatjie in die middel van elke koekie.
·
Bak koekies 10-15 min tot mooi ligbruin.
·
Laat koekies afkoel en vul met heuning voor bediening.
<<<Terug na begin>>>
Stap 1: Maak aftreksel
van ongeveer 3 ½ koppies en hou varm tot gebruik word.
Stap 2: Braai 1 gekapte
ui in ongeveer 15 ml olyfolie (knoffel kan bygevoeg word indien verkies)
Stap 3: Voeg 250 ml (1
koppie) aboriorys by en roerbraai tot al die ryskorrels met botter bedek is.
Stap 4: Voeg ½ koppie
(125 ml) droë witwyn by en laat kook en roer tot al die wyn weggekook is.
Stap 5: Gooi net genoeg
aftreksel by om die rys te bedek en roer deurentyd tot dit weggekook het –
herhaal proses tot amper al die aftreksel weggekook is.
Stap 6: Perfekte
risottorys is romerig en sag aan die buitekant met ‘n effense al dente aan die
binnekant. Voeg nou ‘n klontjie
botter en ‘n halwe koppie parmasaan- of cheddarkaas by om die risotto te verryk.
Dit moet op die laaste oomblik bygevoeg word sonder om weer te verhit sodat die
risotto nie olierig raak nie.
<<<Terug na begin>>>
Lois Sinclair – Ireland - Hier is een van my gunsteling resepte
- en ek kry baie komplimente daarvoor.
1 blik (800 g) slakke,
gedreineer
500 ml dik room
55 ml brandewyn
35 ml biefekstrak
8 knoffelhuisies, geskil en
gekneus
2 ml vars gemaalde swart peper
volkoringbrood om voor te
sit
·
Verhit gietysterpan op vuur
(kole)
·
Plaas alles behalwe brood
in pan en kook tot sous ingedamp en dik is.
·
Sit slakke warm voor saam
met volkoringbrood
<<<Terug na begin>>>
Hierdie koek is donker en klam heerlik!
250ml kakao
500ml kookwater
200ml kookolie
4 ekstra groot eiers, kamertemperatuur
500ml strooisuiker
750ml koekmeel
20ml bakpoeier
Versiering:
100g donker sjokolade in blokkies gebreek
125ml room
·
Klop kakao, kookolie en kookwater saam
tot glad. Hou eenkant om effens af te koel.
Klop eiers en suiker goed tot lig en romerig. Sif meel en bakpoeier saam
en roer saam met afgekoelde kakaomengsel by eiermengsel. Meng goed, maar
liggies. Skep beslag in gesmeerde
koekpan. Bak sowat 40-45min by 18°C of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en
keer uit.
Versiering:
·
Smelt sjokolade en room by lae krag in
die mikrogolfoond en roer tot sjokolade opgelos is. Laat effens afkoel om dikker
te word.
·
Draai koek om sodat die onderkant bo
is en smeer sjokolade oor koek. Laat sjokolade dik word en rond verder af
volgens jou keuse met kersies of vars blommetjies.
·
Sit elke sny koek voor met ‘n skeppie
geklopte room indien verkies.
<<<Terug na begin>>>
Wilna
Sit in bak (glasbak of soos
jy verkies), die rys toe met water (5 - 10 centimeter oor die bestaande droë
rys), jy moet dan ook nou jou sout bygooi. Moenie deksel heeltemal opsit nie
(los 2 mm oop), anders wanneer hy heeltemal toe is kook alles oor.
Dit sit jy nou in vir 15
minute Hoog/Volle krag. Na 15 minute, spoel die rys af.
Sit weer in mikrogolf
sonder water, met die deksel mooi op sonder dat die deksel effens oop is. Dit
doen jy vir 5 minute Hoog/Volle krag.
En siedaar, daar is jou rys gaar.
<<<Terug na begin>>>
Alta
2 K Gaar rys
1 Gekapte ui
1 Gekapte groenrissie
1 Blikkie perskes (gedreineer en gekap)
2 Eetlepel Mayonaise (Cross + Blackwell) 2 Eetlepel
Chutney
1 Teelepel kerriepoeier
½ Koppie suurlemoensap
1 Eetlepel Olie
·
Meng alle verwerkte produkte saam en plaas in yskas. (moet verkieslik nie
dadelik opdien nie).
<<<Terug na begin>>>
250 g sagte botter (1/2 blok)
60 ml gouestroop (4 eetl)
2 eiers
10 ml koeksoda (2 tl)
60 ml warm melk (4 eetl)
5 ml vanielje geursel (1 tl)
374 ml hawermout (1 ½ kop)
750 ml koekmeel (3 kop)
500 ml strooisuiker (2 kop)
100 ml sesamsaad (6 eetl)
100 ml papawersaad (6 eetl)
150 ml sonneblomsaad (10 eetl)
knypie sout
·
Stel oond op 180 ° C. Room botter en stroop tot liggeel. Klits eier by.
·
Meng koeksoda en warm melk - dit sal bruis.
Voeg vanielje geursel by. Roer
koeksodamengsel by bottermengsel.
Meng hawermout, koekmeel, strooisuiker, sade en sout in groot mengbak.
·
Meng meelmengsel goed by bottermengsel tot deeg
vorm. Rol deeg in balletjies en
plaas op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
Druk effens platter op bokant.
·
Bak vir 15 tot 18 minute of tot net goudbruin bo
op. Laat effens op bakplaat afkoel
en dan verder op afkoelrakkie tot heeltemal koud.
<<<Terug na begin>>>
4 koppie melk
1 koppie sago
2 eetlepels botter
3/4 koppie suiker
4 Eiers
1 teelepel vanielje
Appelkooskonfyt
Knippie sout
·
Kook melk, suiker en sago tot sago deurskyn. Laat afkoel en roer botter by.
·
Voeg effens geklitste eiergeel en geursel by. Skep in oondskottel en skep
stukkies appelkooskonfyt bo-oor.
·
Klits eierwit styf met 6 eetlepels suiker.
Skep oor konfyt en bak tot ligbruin by 180ºC.
<<<Terug na begin>>>
Nou kom die lekker deel ... Maak 'n salsa:
·
Die kuns van 'n salsa is dat jy alles
waarvan jy hou, kan ingooi - solank daar darem tamatie en uie ook in is.
·
Ek gebruik rissies, knoffel, rooi
soetrissies, tamaties en uie.
·
Braai eers die uie in 'n pan en gooi
'n bietjie worcestersous by. Gooi nou die res van die groente by en kook tot
sag. Net voor jy die plaat afsit, gooi jy 'n sopie muskadel by.
·
Laat afkoel. Wanneer jy dit voorsit, raak dinge
eers lekker!
·
Druk 'n kort sosatie- of tandestokke
in elke frikkadel. Nou pak jy so 4-5 frikkadelle op 'n kleinbordjie, met 'n
skeppie salsa in 'n koppie, vir elke gas.
·
Jou gaste sal mal wees oor die manier
waarop jy die happiegroot frikkadelletjies eers in die salsa doop voor hy kies
toe gaan.
<<<Terug na begin>>>
Hennie
45 ml olie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g Denny Bruin Sampioene, gesny
250 g Denny Portabellini Sampioene, gesny (By sommige Spar
winkels)
sout en peper
60 ml suurroom
45 ml botter
45 ml koekmeelblom
1 ml neutmuskaat
625 ml melk
250 ml gerasperde cheddarkaas
1 pak (200 g) lasagne-velle
·
Verhit die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel
en sampioene by, bedek en pankook tot gaar. Verwyder van die hitte en geur met
sout en peper. Roer die suurroom by. (Die mengsel moet souserig wees). Hou eenkant.
·
Smelt die botter en roer die meel en neutmuskaat by. Laat opkook en voeg die melk bietjie
vir bietjie by terwyl aanhoudend geroer word.
·
Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik. Verwyder van
die hitte en roer die kaas by.
·
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 'n 20 x 25 cm
oondbak. Smeer 125 ml van die kaassous oor die bodem van die bak.
·
Pak 'n laag lasagnevelle daarop, skep van die
sampioenmengsel oor, gevolg deur kaassous en 'n laag lasagnevelle. Herhaal die
proses en eindig met 'n laag kaassous. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin bo-op. Genoeg vir 8 -10 mense.
<<<Terug na begin>>>
Soos
vertel deur Peter
500 ml rou rys
10 ml borrie
Sout
olie
1ui, in ringe gesny
5 ml fyngedrukte knoffel
10 ml fyngerasperde vars gemmer
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny
250 ml bevrore ertjies
1 groot aartappel, geskil en in blokkies gesny
425 g (1blik) sardyne in brandrissiesous
·
Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water
tot sag. Dreineer en hou eenkant
warm.
·
Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie
olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die
aartappel sag en gaar is.
·
Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en
prut tot goed warm.
·
Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor.
Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie
en 'n bietjie suurlemoensap.
<<<Terug na begin>>>
Curla du Plessis
500ml melk
6 snye witbrood in blokkies gesny
125ml suiker
85ml kakao
2 eiergele, liggies geklits
30 ml sagte botter
5 ml vanielje
2 eierwitte, geklitste styf
·
Verhit oond tot 180 grade en smeer 'n 20cm vierkantige bak
·
Plaas die melk in 'n kastrol en bring tot kookpunt, verwyder van hitte
·
Voeg die brood blokkies by en klits tot baie glad (Ek gebruik my handmenger)
·
Voeg suiker, kakao en eiergele by, meng goed.
Voeg botter en vanielje by.
Vou in die eierwitte. Giet in die
bak
·
Plaas jou bak binne in 'n groterbak met kookwater. Die water moet ongeveer
halfpad kom tot by die kleiner bak.
Bak vir 30 minute of tot ferm
·
Sprinkel met versiersuiker, of gerasperde sjokolade. Bedien met vla, room of roomys
<<<Terug na begin>>>
[Lydia van Aswegen]
4
Groot eiers
400 ml room
400 ml volroommelk
120 ml strooisuiker
10 ml vanieljegeursel
100 g botter, in klein blokkies gesny
7 groot croissants (Pick & Pay
goedkoopste)
200 g goeie sjokolade - in blokkies
gekap
·
Verhit oond op 160°C
·
Plaas die eiers, room,
melk, strooisuiker en vanieljegeursel in 'n mengbak en meng goed totdat die
suiker opgelos is ('n vla mengsel word gevorm).
·
Sny die croissants in
skywe en rangskik dit in 'n 25 x 30 cm pan.
·
Sprinkel die sjokolade
en botter oor en probeer ook om die sjokoladeblokkies en botterblokkies onder
die croissants in te kry.
·
Gooi die vla-mengsel
oor en laat vir 10 min staan sodat die melk in die croissants kan intrek (druk
die croissants elke nou en dan af in die vlamengsel.)
·
Bak vir 40-50 min in
die oond, totdat die vla gestol het en die nagereg goudbruin is.
·
BedIen met room of
roomys. (Genoeg vir 10 persone)
<<<Terug na begin>>>
(Van Lynette - Hier is
my resep. Lekker bak en neem twee
"Fat Catchers" daarmee saam)
2 koppies Meelblom
2 koppies Suiker
Sif bogenoemde saam in groot mengbak
Laat die volgende vinnig kook
125 g Margarien
1/2 koppie Olie
1/2 koppie Kakao
1 koppie Water
Gooi bogenoemde oor die meelmengsel
Voeg by:
3 effens geklitste eiers
1 teel Vanielje-essens
1 teel Koeksoda
1/2 koppie karringmelk
Meng goed. Bak vir 45-60 min. in
oond teen 180 grade.
Versiering
Laat kook
75 g Margarien
2 t. Kakao
2 en halwe t. Karringmelk
250 g gesifte versiersuiker
1/4 teel vanielje-essens
·
Roer margarien, kakao
en karringmelk in kastrol tot kook en voeg gesifte versiersuiker en 'n kwart t vanielje-essens by. Roer tot glad: gooi oor koek. Sny in blokkies.
·
Neute kan bygevoeg
word.
<<<Terug na begin>>>
Van
Magdalena, Antwerpen. Goeie more
Theresia, Hier kom hoe ek dit maak,
hier in Vlaanderen, Antwerpen:
300 gr donker sjokolade
2 eetl botter
3 ei, geskeide (wit weg van dooier)
4 eetlepel poeder suiker
1 teelepel vanille extrakt, moet niet
2 eetlepel brandewyn, moet niet
250 ml vers geklopt room
Maak so:
·
Sjokolade in stukies maak en "au bain marie" (in klein
potjie in heet water) smelt, moet roer.
·
Stadig die botter byvoeg en altyd roer tot heeltemaal
gesmolte is. Haal van die vuur weg.
·
Klots die eigeel en die suiker tot liggeel en dik. (Vanille en brandewyn toevoeg)
·
Maak eimengsel by die sjokolade en klots so 2 min tot goed
gemengd.
·
Kluts die eiwit styf, voeg dan die room by , dan die
sjokolade mengsel en maak alles in een kristal kom. Set in die koelkast vir min. 8 uur.
·
Jy kan dan ook met sjokolade "vlokkies " besproei om te
versier als jy wil.
·
Aantal is vir 6 mense.
10 min. werk
·
Hoop dit kan help, geniet dit en mooi bly
<<<Terug na begin>>>
[Emily] (8 porsies)
18 ml gelatien
200 ml suiker
5 ml vanilla
100 g sjokolade
500 ml melk
500 g Griekse jogurt
Aarbeie
versiersuiker om oor te sif
Sjokolade-krulle
·
Plaas gelatien in klein bakkie en gooi
klein bietjie koue water oor. Laat stol.
Gooi kookwater in nog ‘n klein bakkie en plaas eerste bakkie bo-op kookwater. Laat gelatien smelt.
·
Sit suiker, vanilla, sjokolade en melk
in mikro-bak en laat by medium warm smelt. Roer kort-kort tot suiker en
sjokolade heeltemal gesmelt is.
·
Haal van hitte af en voeg gelatien by. Gooi jogurt by en meng baie goed.
·
Verdeel in bakkies en sit in die yskas
om te stol (oornag).
·
Plaas aarbeie bo-op en sif
versiersuiker oor. Versier met
sjokolade-krulle
<<<Terug na begin>>>
250 ml (1 koppie) koekmeel
10 ml (2 teel) bakpoeier
125 ml (1/2 koppie) kakao
250 ml (1 koppie) suiker
2 ml (1/4 teel) sout
125 ml (1/2 koppie) kookwater
125 ml (1/2 koppie) kookolie
nog 10 ml (2 teel) bakpoeier
4 xtra-groot eiers, geskei
·
Sif meel, 10 ml bakpoeier, kakao, suiker en sout saam.
·
Meng kookwater en olie en voeg by droë bestanddele. Meng goed. Voeg eiergele by en klits goed.
·
Klits eierwitte styf met ander 10 ml bakpoeier en vou in mengsel in.
·
Skep in gesmeerde vierkantige pan en bak ± 35 min by 180°C tot gaar.
Stroop:
250 ml (1 koppie) kookwater
250 ml (1 koppie) suiker
5 ml (1 teel) koffiepoeier
5 ml (1 teel) rum-geursel
·
Verhit alles tesame en kook 5 min.
Gooi oor warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel.
Versiersel:
360 ml (1 blik) karamelkondensmelk 1
pakkie Orley Whip
Gerasperde sjokolade of Peppermint Crisp
·
Smeer kondensmelk op koek.
·
Bedek met styfgeklitste room en strooi sjokolade oor.
<<<Terug na begin>>>
Adele
4 - 5 skorsies, in soutwater gekook tot sag
½ - 1 koppie suiker (na smaak)
125 g botter of margarien
3 eiers
½ koppie bruismeel
1 koppie melk
·
Krap skorsievleis uit dop en sit in sif sodat water kan afdrup. Room botter en suiker.
·
Voeg eiers een vir een by en klits baie goed.
Sif meel en voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. (dit is 'n slap deeg). Voeg die skorsievleis by en meng.
·
Gooi in gesmeerde bak en strooi fyn kaneel oor (kaneel opsioneel). Bak by 180 grade vir ongeveer 1 uur.
·
LW Skorsie kan met 1 ½ koppie gaar pampoen vervang word (vries uitstekend)
<<<Terug na begin>>>
2 blikkies slakke (in pekelwater) (by enige supermark te
koop)
1 groot ui, gekerf
½ houertjie Ultraroom (100 ml)
Klein bietjie sout
Aromat na smaak
1 pakkie vars sampioene
Vars fyngekapte knoffel na smaak
1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene en knoffel geur)
aangemaak met water soos op pakkie aangedui
·
Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in
botter.
·
Spoel slakke BAIE GOED af in vars water. Meng slakke met uie en sampioene in
braaipan. Gooi pakkie Pasta Sauce en
room by,
·
Gooi aromat en sout na smaak by. Braai alles saam vir ±15 minute. Bedien saam met repies bruin brood (Genoeg vir ±4 persone)
<<<Terug na begin>>>
Petro
4 Eetlepels "Mint Jelly"
1 Koppie Blatjang
4 Eetlepels Heuning
Olyfolie
Roosmaryn (Volgens smaak)
Knoffel (Volgens smaak)
Halwe koppie "Lemon Twist" koeldrank (verkieslik "Lemon
Twist") / Coke
·
Smeer boud met speserye. Meng bestanddele en gooi oor
boud. Stel "Slow Cooker" op "Low" (8 ure lank kook).
·
Indien jy groente bysit, pak dit onder boud.
<<<Terug na begin>>>
Cordia se resep
Vir mense wat van smeerkaas hou maar nie so 'n duur potjie kan
bekostig nie, kan dit regtig goedkoper self gemaak word. Hier is dit:
Aanmaak 1
Aanmaak 2
400 gram proseskaas
300 gram proseskaas
200 gram botter
90 gram botter
1 koppie melk
¾ koppie melk
·
Sny kaas in
blokkies meng met botter. Ontvries
vir 20 minute in Microgolf.
·
Voeg melk by en
klits goed deurmekaar.
·
Giet in skoon
glaspot.
<<<Terug na begin>>>
(12 stafies)
125 ml volkoringmeel
250 ml hawermout
1 ml koeksoda
125 ml klapper
125 ml bruin suiker
250 ml pitlose rosyne
150 g margarien, gesmelt
15 ml heuning
·
Voorverhit oond tot 180oC. Smeer die bakplaat.
·
Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker en
pitlose rosyne saam in 'n groot mengbak.
·
Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak. Roer goed.
·
Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n
houtlepel.
·
Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat. Bak 20 minute lank tot
goudbruin. Sny in stafies terwyl nog
warm. Laat heeltemal afkoel
<<<Terug na begin>>>
Deel die deeg van
die
basiese
broodresep in twee gelyke dele nadat jy dit klaar geknie het. Rol die dele langwerpig
uit (sowat 1 sentimeter dik) en pak die volgende daarop:
1 x 200 g-houer Nutella-sjokoladesmeer
2 koppies pekanneute, heel of gekap
2 piesangs, in skyfies gesny
·
Steek weg vir die kinders. Smeer die sjokoladesmeer oor die
deeg en sprinkel die neute en piesangs eweredig daaroor. Vou die deeg oor die
smeer sodat dit soos ’n lang buis lyk. Rol die deeg dan op soos ’n slak se dop.
Druk die punte van die deeg toe om te keer dat die vulsel uitloop.
·
Bak die slak. Sit ’n paar gekapte of heel neute
bo-op en druk effens vas. Sit die rol in ’n platboomysterpot wat baie goed met
botter gesmeer is en plaas dit op louwarm kole. Sit warm kole op die deksel en
bak vir ’n uur of tot gaar.
<<<Terug na begin>>>
Deel die deeg van
die
basiese
broodresep in twee gelyke dele nadat jy dit klaar geknie het. Rol die dele langwerpig
uit (sowat 1 sentimeter dik) en pak die volgende vulsels daarop:
10 skyfies ham, in blokkies gesny
2 koppies gerasperde cheddarkaas
2 hande vol vars basiliekruid (of 2 teelepels
droë basiliekruid)
2 koppies gesnyde, songedroogde tamaties
(gedreineer as dit in olie ingelê is)
1 teelepel growwe sout, plus ’n klein bietjie
ekstra om op die brood te strooi
varsgemaalde swartpeper
2 eetlepels olyfolie, plus ekstra om oor die
brood te verf
1 teelepel droë of vars roosmaryn om oor die
brood te sprinkel
·
Ringkop. Pak die bestanddele uit op die deeg
en besprinkel dit met sout, peper en olyfolie. Trek die deeg oor die vulsel
sodat dit soos ’n lang buis lyk. Bring een punt van die deeg oor na die ander
punt en druk dit teen mekaar vas sodat jy ’n ring het.
·
Op heterige kole. Verf ’n bietjie olyfolie op die
brood en sprinkel growwe sout en roosmaryn bo-oor. Sit die ring in ’n
platboomysterpot wat goed met botter gesmeer is en plaas dit op louwarm kole.
Sit warm kole op die deksel en bak vir ’n uur of tot gaar.
<<<Terug na begin>>>
Lorna:
·
Sny en skil patats (omtrent
genoeg vir 4 mense). Rangskik in oondbak.
·
Gooi gouestroop bo-oor -
redelik mildelik.
·
Meng 1 bakkie room (250 ml)
met 'n mespunt koeksoda en gooi dit laastens oor patats.
·
Bak die mengsel omtrent vir
1.5 uur - hoe langer dit bak (hoe meer karameliseer die room en stroop)
<<<Terug na begin>>>
12.5ml olie
2 groot uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekap
3x250g elk hoenderlewertjies, in
25ml asyn
50ml blatjang
5ml worcestersous
Sout en peper
·
Verhit die olie in ‘n groterige pan en
soteer die ui, groen en rooi soetrissies en knoffel daarin tot sag. Sny
hoenderlewers in groterige blokkies.
·
Voeg die hoenderlewertjies by en braai
tot bruin van buite, maar nog pienkerig van binne.
·
Meng die asyn, blatjang en
worcestersous en giet oor die hoenderlewertjies. Geur na smaak met sout en peper
en verhit tot goed warm.
·
Dien op saam met pasta. Lewer 4-6
porsies.
<<<Terug na begin>>>
Deur
Annamarie
1/2 pak macaroni, gekook, gedreineer en hou eenkant
Dubbel pakket blomkool en broccoli, florette los gesny,
gestoom en hou eenkant (nie te lank stoom nie dan raak dit te sag om te roer)
Sous
·
Braai een fyn gesnyde ui en halwe fyngesnyde rooi
soetrissie/peper en vier snytjies gesnipperde ham
·
Maak witsous deur ‘n pakkie wituiesop en kannetjie (250
ml) vars room te meng en by te roer met ‘n koppie kaas en speserye na smaak (ek
het rissie-/knoffelmengsel en Italiaanse kruie gebruik)
·
Meng dan die blomkool/broccoli mengsel by die sous en roer
die sous by die pasta in.
·
As die mengsel te dik is roer net nog melk of water by.
Dit is goed as dit loperig is, want die pasta absorbeer ook nog van die
vloeistof.
·
Bedien in mooi glasbak en sprinkel fyngemaakte swart
peperkorrels en ‘n klein bietjie paprika bo-oor.
(Vir 4)
·
Terloops, die roomsous wat ek hierbo gegee het werk baie
lekker oor aartappels, gemengde groente of vis
<<<Terug na begin>>>
Hermien
Lekker groot sopbene (beesskenkels ) met vleis aan (1kg)
4 groot wortels
halwe pakkie sop ertjies (droë ertjies)
4 groot aartappels
2 groot uie
3 groot tamaties
1 pakkie knorr soppoeier enige soort
bietjie meel
sout
·
Week ertjies oornag in water, kook volgende dag tot sag. Kook sopvleis tot
sag.
·
Rasper groente of verpulp dit, gooi alles in vleismengsel saam met genoeg
water. Laat kook totdat die groente
gaar is, en meng dan soppoeier en meel en sout saam en verdik die sop met die
mengsel. Laat goed deurkook totdat dit verlangde dikte is.
·
Om dit nog lekkerder te maak, gooi bietjie spaghetti ook by.
·
Ek hou van my sop lekker dik, en die een is gewoonlik 'n treffer. Gewoonlik
kook ek baie en vries dan in bakke die wat oorbly, vir die dae wanneer dit koud
is, en tyd min.
<<<Terug na begin>>>
[Emily Kruger]
Bedien 4 mense
6 ontvel-ontbeende hoenderborsies
2 uie grof gekerf
1 groot greenpepper gekerf
4 aartappels in blokkies gesny
½ pakkie sampioene gekerf – opsioneel
2 koppies Stir-fry groente
2 eetlp sosatie-marinade
½ koppie Olyfolie
·
Spoel hoenderborsies af en sny elkeen
in 3 stukke.
·
Braai uie, greenpepper en sampioene
liggies in olyfolie tot deurskynend.
Voeg hoenderstukke by en sprinkel met 1 eetlp sosatie-marinade.
·
Laat prut tot hoender sag is. Draai om en sprinkel met ander 1
eetlp sosatie-marinade.
·
Voeg aartappelblokkies en stir-fry
groente bo-op by. Laat prut tot
aartappel sag is. Draai kort-kort om
sonder om groente fyn te roer.
·
Bedien met pasta- of basmati rys en
sweet chilli sauce.
<<<Terug na begin>>>
2 Eiers (apart geklits)
2 eetlepels mielieblom
2 koppies melk
Vanielje
1 eetlepel suiker
fyn kaneel na smaak
knypie sout
botter
·
Meng die mielieblom en sout met 'n
bietjie melk en voeg die geklitste eiergele by. Kook die melk en suiker en voeg
die mengsel daarby. Kook vir 'n paar minute.
·
Haal van stoof en vou die styfgeklopte
witte en vanielje liggies in. Strooi kaneel suiker in vuurvaste bak. Skep
lepelsvol van mengsel in die skottel.
·
Strooi suiker bo-oor en plaas stukkies
botter bo-op. Bedien warm.
<<<Terug na begin>>>
Engela
2 Koppies Melk
Halwe koppie Koekmeel
1 Koppie gerasperde Kaas
5 ml Sout, Pietersielie, Mostertpoeier
2,5 ml Knoffelvlokkies
3 Geklitste eiers
1 Ui (Fyn gerasper of gesny)
1 Blik 'Beef'
·
Meng alles saam en gooi in 'n gesmeerde pan. Bak vir ongeveer 30 minute in
'n voorverhitte oond teen 180 grade C.
<<<Terug na begin>>>
Van Deon
uit Holland
1 groot hoender
2 e olie
250 g spek, in stukkies
3 uie, fyn
2 t borrie
250 g knoffelpolonie, in stukkies
6 tamaties, in stukkies of 2 eetlepel tamatiesous
250 g gemengde groente
1 pakkie sampioensop
1 kop hoenderaftreksel
1 kop gaar noedels
·
Kook hoender sag en sny in stukkies.
·
Braai spek en ui tot krokant en die uie sag. Voeg die borrie, polonie en tamaties
by en braai verder.
·
Meng sop met aftreksel.
Voeg hoender en sop daarby en laat stadig prut.
·
Voeg noedels by en maak lanksaam goed warm. Lekker met 'n slaai daarby.
<<<Terug na begin>>>
Marié
1 pak Spek – gekap
2 Uie – blokkies gekap
2 Tamaties – blokkies gekap
2 koppies Kaas – Gerasper
Pitmielies/Sweet Corn – opsioneel
1 pak Spaghetti – gekook
·
Braai uie, tamaties, spek saam in botter/olie tot gaar,
voeg mielies by, voeg spaghetti by, geur met sout, peper, aromat, roer laastens
kaas by. Geniet!
·
Hierdie is so ‘n maklike en heerlike resep, jy kan selfs
groenrissie of sampioene byvoeg
<<<Terug na begin>>>
Deur
Lynette
Meng vooraf en hou in flessies. Dis maklik om
hoenderstukke na willekeur met een van die volgende mengsels te geur:
Speserymengsel:
30 ml sout
15 ml gemmer
30 ml bruinsuiker
2 t kerrie
3 t peper
4 t tiemie
Kruiemengsel:
30 ml sout
1 t roosmaryn
3 t peper
1 t salie
1 t marjolein
Meng goed en hou in flessie.
<<<Terug na begin>>>
[‘n Wenresep]
500gm spinasie (so 2 bossies)
1 ui gekap
So 5 na 7 sampioene grof gekap (opsioneel) 1 pakkie spek gekap
·
Kook of roerbraai spek, sampioene,
spinasie en ui vir so 10/15 min - dreineer water af
·
Meng 1 pakkie wit uiesop (droog) en 1
houertjie suurroom - Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word
·
Meng 1 houer "smooth cottage cheese",
3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper
·
Meng alles + 1 kop cheddar kaas
·
Vat nou pak skilferkorsdeeg en voer
tertpan uit - gooi mengsel in en bak vir 30/40 min op 180 grade tot gaar en mooi
bruin - As uit oond haal, gooi nog so 'n lekker klomp kaas bo-oor en bedien.
Wenk: Los
die skilferkorsdeeg uit vir 'n braai bygereg. Gooi beslag net in 'n glasbak en
bak soos bo.
<<<Terug na begin>>>
1 pak bacon
1 bossie spinasie
Kaas na smaak
1 uie
1 pakkie mushrooms
2 eiers
·
Kook spinasie gaar. Braai bacon, uie en
mushrooms tot gaar. Meng alles asook kaas by gaar spinasie. Klits eiers voeg by
en gooi in kolwyntjie pannetjies en bak tot gestol.
<<<Terug na begin>>>
Edward:
500 ml melk
200 g (250 ml) witsuiker
80 g ((250 ml) klapper
50 g (60 ml) botter/margarien
70 g (125 ml) (ongesif
afgemeet) koekmeelblom
4 eiers
5 ml vanieljegeursel
2 ml bakpoeier
knypie sout
·
Voorverhit die oond tot 180
ºC. Smeer of bespuit 'n oondvaste tertbak van middelslag-grootte met
kleefwerende kossproei.
·
Klits al die bestanddele
saam tot gemeng. Gooi dit in die tertbak en bak dit vir ± 30 minute tot 1 uur
totdat dit uitgepof en bo-op mooi goudbruin is. (Die grootte van die bak bepaal
die baktyd. In 'n ronde tertbak van
22 cm in deursnee en 5 cm diep is die baktyd ongeveer 35 minute.)
·
Lewer 'n middelslag tert.
<<<Terug na begin>>>
250 g (445 ml) Witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
± 600 ml sonneblomolie
·
Meng mele, sout en suurdeeg saam. Meng warmwater en suiker saam en meng
by meelmengsel. Meng goed.
·
Knie deeg vir ± 10 min op
meelbestrooide oppervlak tot elasties en glad.
·
Plaas deeg in bak met olie gesmeer. Smeer olie oor deeg sodat dit nie
uitdroog nie. Maak bak met kleefplastiek toe en laat rys tot dubbel die grootte.
<<<Terug na begin>>>
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal
afkoel.
Vulsel:
1 liter melk
7 gelykvol eetlepels vlapoeier
knippie sout
suiker na smaak.
·
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal
koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor drie van die koue
koeklae.
·
Klits 4 eiers tot skuim.
Voeg 2 koppies suiker geleidelik by en klits baie goed.
·
Smelt 125 g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt.
·
Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook 'n knippie sout
en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die
meelmengsel. Gooi nou warm
melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig.
·
Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag
in 2. Terwyl die koeklae bak, maak
die versiering:
Versiering
250 g sagte margarien
2 k versiersuiker
4 t vanieljegeursel
·
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
·
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste
laag met die versiering.
·
Eet die koek terwyl nog so louwarm.
<<<Terug na begin>>>
[Emily Kruger]
1 Roll “Puff Pastry” (cheese and herbs of plain)
1 ring Feta kaas in blokkies gesny (eie hoeveelheid)
1 reep Cheddar kaas in blokkies gesny (eie hoeveelheid)
Druk in platterige tertbak op bodem en kante en prik met ‘n vurk. Strooi die kaas-blokkies op die bodem
en sit kors eenkant. Maak vulsel.
Vulsel
2 gekerfde uie
1 gekerfde groot greenpepper
1/2 pakkie sampioene (gesnipper – opsioneel)
± 1kg klein baba-tamaties (gehalveer)
½ pakkie gekerfde spek (opsioneel)
Italian Herbs / Rosemary & Olive / Parmesan & Feta
1 koppie gerasperde Cheddar Kaas
2 geklitste eiers
) opsioneel
250 ml vars room of gewone jogurt
) opsioneel
·
Braai spek tot gaar en skep uit. Braai dan uie en greenpepper in
spek-olie tot deurskynend.
·
Voeg tamaties by en roerbraai tot
tamaties net-net gaar is. Strooi
Italian Herbs en Rosemary and Olive/Parmesan & Feta speserye bo-oor en meng
deur. Haal van stoof af en laat koud
word.
·
Skep koue tamatie-en-ui mengsel bo-op
kaasblokkies.
·
Klits eiers en room tesame en gooi oor
tamatiemengsel (opsioneel).
·
Strooi gerasperde kaas bo-oor.
·
Bak in oond by 180°C vir ongeveer
20-30 min of tot kaas goudbruin is.
<<<Terug na begin>>>
8 lamslendetjops, 20mm dik
Bedruipsous
80ml vrugteblatjang
45ml heuning
10ml vars gekapte pietersielie
5ml vars gekapte/ 2ml droë roosmaryn
5ml mosterdpoeier
2ml kerriepoeier
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
·
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous.
·
Braai tjops 15-20 minute oor matige kole tot gaar en
goudbruin, keer teen die einde van die gaarmaaktyd dikwels om en bedruip met
sous. Sit dadelik voor.
<<<Terug na begin>>>
1 blik Tuna in water
1 blik sampioensop
1 groot pak Kaas-en-Uie skyfies (Chips) 1
gekapte ui
1 koppie ertjies
± 1 koppie gerasperde kaas
·
Meng al die bestanddele behalwe die kaas goed. Gooi in 'n gesmeerde bakskottel. Strooi gerasperde kaas bo-oor.
·
Bak vir 45 min by 180°C tot gaar.
Bedien saam met rys en mengelslaai
<<<Terug na begin>>>
Christo
500 g skroef- of skulpnoedels normaalweg gekook en gedreineer
2 medium uie, fyn gekap
2 tamaties, gekap
1 seldery stingel, fyn gekap (opsioneel) 2
blikkies tuna, gedreineer (water/olie)
·
Meng al die bestanddele saam in 'n groot bak
Sous
ongeveer 300 ml mayonnaise
50 ml blatjang
2,5 ml hoenderspeserye
2,5 ml fondor of aromat of 'n soortgelyke geurmiddel
·
Meng al die bestanddele saam en meng by die slaai in. Plaas in yskas om lekker koud te
word.
·
Hierdie is die basiese resep en van die volgende (of alles) kan bygevoeg
word:
gaar ertjies
gaar pitmielies
komkommer
soetrissie (groen en/of rooi)
selfs fyngekapte rooi worsies is baie lekker so saam met die tuna.
<<<Terug na begin>>>
200 gm spinasieblare (harde stingels verwyder)
4 mediumgroot geskilde aartappels
30g botter
2 geklitste eiers
300g gerasperde cheddarkaas
1 fyngekapte greenpepper
Sout en varsgemaalde swartpeper
6 velle filodeeg (of puff pastry)
60g gesmelte botter
Olyfolie om sirkels in te braai
·
Spoel spinasie goed af en plaas in
groot bak en gooi kookwater oor.
Laat staan tot die blare verlep het.
·
Gooi in vergietes en laat goed
dreineer en afkoel. Druk oortollige
water uit, kap fyn en laat eenkant staan.
·
Kook aartappels sag, dreineer en druk
grof-fyn met ‘n vurk. Plaas in
mengbak en meng met 30g botter. Voeg
eiers, kaas, spinasie en greenpepper by en meng goed met vurk. Geur na smaak. Maak bak toe met kleefplastiek en
laat in yskas afkoel vir 30 min.
·
Plaas een vel filodeeg op
werkoppervlak en smeer met gesmelte botter.
Plaas nog ‘n vel filo op hierdie vel en smeer weer met botter en doen so
met 3de vel filo. Smeer helfte van
die aartappelvulsel op die langkant van die filo sodat mens ‘n lang wors sal
vorm. Vou deeg oor die vulsel en rol
in lang wors. Maak nog ‘n wors (dus
altesaam 2 worse) met ander 3 velle filodeeg.
Rol toe in kleefplastiek en plaas in yskas vir minstens 1 uur. Sny worse in ongeveer 3cm sirkels
·
Verhit olie in ‘n pan oor medium
hitte, plaas ‘n paar sirkels plat in die pan en bak tot goutbruin. Draai om en bak ander kant van sirkel
ook tot goudbruin (ongeveer 4 min aan elke kant).
Haal uit en dreineer op kombuispapier.
Hou eenkant warm terwyl res van sirkels gebraai word.
WENK: In plaas van filodeeg, gebruik
gekoopte blaardeeg wat ietwat dunner gerol is.
Skep aartapelvulsel op langkant en rol toe soos worsrol. Sny in skywe en bak op bakpapier in
oond van 180°C tot goudbruin. Draai
een keer om en bak verder. Haal uit
en bedien warm.
<<<Terug na begin>>>
4 – 6 groterige uie
250 ml bruismeel
5 ml sout
250 ml koue water
Koekmeelblom
kookolie vir diepbraai
Aromat
·
Sny die uie in skywe wat ongeveer 5 mm
dik is.
·
Maak al die ringe los, bedek dit dan
met yswater en plaas in die yskas vir sowat 2 uur lank.
·
Meng die bruismeel en sout.
Klits die koue water geleidelik by en klits tot ‘n gladde beslag.
·
Dreineer uieringe en skud alle water
af. Gooi ‘n klompie koekmeelblom in ‘n plastieksak, plaas die nat uieringe
daarin en skud goed totdat die uieringe heeltemal daarin bedek is. Doop
nou die ringe 1-vir-1 in die beslag, haal hulle met ‘n skerp voorwerp of
toetspen uit en plaas hulle in warm diep kookolie. Bak die ringe tot
goudkleurig. Plaas die gaar ringe op kombuispapier om die olie te
dreineer. Geur liggies met Aromat en
sit dit dadelik voor.
<<<Terug na begin>>>
G’n fliek-ete is
volledig sonder uieringe nie. Jy kan selfs rooi-uie gebruik vir afwisseling. Of
doop stukkies vis of calamari in die beslag en braai dit dan bros.
6 porsies
140 g (250 ml) mielieblom
140 g (250 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
2 eierwitte
1 x 375 ml-bottelbier
sonneblomolie vir diepbraai
2 uie, in ringe gesny en binneringe losgemaak van mekaar
sout en varsgemaalde swartpeper
·
Sif mielieblom, koekmeel en bakpoeier
saam. Voeg eierwitte by en meng liggies met ’n draadklitser. Voeg genoeg bier by
om ’n dikkerige beslag te maak – die res kan jy maar drink! Verhit sonneblomolie
in groot kastrol tot warm.
·
Doop ’n paar uieringe op ’n slag in
die deeg en diepbraai tot goudbruin en bros. Herhaal tot al die uie op is.
Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor
saam met worsbroodjies.
<<<Terug na begin>>>
375 ml ongesif afgemeet koekmeelblom 15 ml bakpoeier
10 ml suiker
5 ml sout
500 ml gaar koue rys
410 g (1 blik) geroomde suikermielies
125 ml melk
1 eier
kookolie vir vlak braai
·
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en
suikermielies in die gesifte bestanddele in. Klits die melk en eier saam tot
gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot 'n sagte deeg.
·
Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan
die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie. Braai dan aan die
ander kant goudbruin.
·
Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam
met stroop of heuning.
<<<Terug na begin>>>
750 ml hoenderaftreksel
4 knoffelhuisies, fyngekap
7 cm gemmer, in fyn repies gesny
2 rissies, ontpit en fyngekap
2 skoongemaakte hoenderborsies
7,5 ml olie
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g eiernoedels
1 pak choi, fyngekap
15 ml sojasous
die sap van 'n ½ lemmetjie
2 stingeluie, in stukkies gesny
'n hand vol vars koljander
·
Verhit die hoenderaftreksel en gooi dan twee
knoffelhuisies, gemmer en rissies by.
Plaas die deksel op en laat dit eenkant staan, terwyl jy die hoender
voorberei.
·
Maak fyn snytjies in die hoenderborsies, smeer met die
olie en daarna 1 knoffelhuisie, en braai dit dan bruin. Gooi ekstra olie in die pan indien
nodig. Die hoenderborsies moet nie gaar wees nie. Sny dit dan in repe.
·
Voeg die hoender saam met die noedels en pak choi by die
hoendersop. Prut dit tot die hoender gaar is.
Gooi die sojasous en lemmetjiesap by.
·
Wanneer jy dit bedien strooi jy stingeluie en koljander
oor elke bakkie. Jy eet eers die noedels uit die sop voor jy die sop eet. Die resep is genoeg vir 4 persone.
<<<Terug na begin>>>
(Stefanie Le Hanie)
1 koppie meel
1 koppie suiker
3 eetl botter
1 teel vanilla
Knippie sout
3 eiers
¼ kkoppie melk
1 teel bakpoeier
1 blik tertappels (onversoet)
·
Smelt botter en voeg suiker by. Sif droë bestanddele saam. Klits
eiers, voeg melk en geursel by. Meng alles saam. Bak 30 minute in
matige oond teen 180ºC.
Stroop:
1 koppie suiker
1 koppie vars room of Ideal melk
·
Kook alles saam vir omtrent 15 minute. Gooi kokend oor tert sodra dit
uit die oond kom.
<<<Terug na begin>>>
1 blik kondensmelk
500 ml ultramel room
3/4 koppie suurlemoensap (of minder na smaak)
1 pak tennisbeskuitjies
·
Klits room en kondensmelk saam. Voeg suurlemoensap by en klop tot styf.
·
Voer bak uit met beskuitjies en gooi mengsel in. Sit in yskas en laat styf
word en sprinkel dan 100/1000's oor of krummel 'n beskuitjie bo-oor net voor
opdien.
<<<Terug na begin>>>
2 blikkies tuna (gedreineer en
fyngedruk)
1 gerasperde ui
2 geklitste eiers
3 gaar aartappels (fyngedruk met 'n
groot vurk)
½ koppie Bruismeel (indien koekie te
slap)
½ teel sout
Swart peper na smaak
(Kan kruie na smaak byvoeg -
pietersielie, Italian Herbs, ens.)
·
Meng alles liggies
tesame. Braai lepelsvol in vlak olie
tot gaar.
·
Dreineer op
handoekpapier.
<<<Terug na begin>>>
Bestanddele vir Plantjie
125 ml Koekmeelblom
2 ml Suiker
125 ml Lou melk of water (of mengsel van die twee)
2 ml Aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg
Metode – Plantjie
·
Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op 'n warm plek tot
skuimerig.
Roer dit af en gooi dit in 'n glasbottel met 'n skroefdeksel.
·
Dit kan ook in 'n mengbak gesit word wat met waspapier of kleefplastiek
bedek is.
Dag 1
Voeg by die plantjie die volgende:
250 ml Melk
250 ml Koekmeelblom
125 ml Suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.
Dag 2 tot 4
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in die koelkas.
Dag 5
Voeg die volgende by:
250 ml melk
250 ml Koekmeelblom
125 ml Suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.
Dag 6 tot 9
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in die koelkas.
Dag 10
·
Gee 250 ml van die mengsel aan 'n vriendin.
·
Bêre 250 ml van die mengsel vir jouself.
·
Wanneer jy die volgende mengsel aanmaak begin dan by dag 1.
·
Gebruik die oorblywende mengsel om jou vriendskapskoek mee te bak.
·
Bak teen 180°C vir 30 minute.
·
Toets en indien nodig bak verder tot gaar
<<<Terug na begin>>>
Van Lize het ek hierdie wafelresep ontvang:
2 eiers (geskei)
1/2 teelepel sout
1 + 3/4 koppies melk
4 eetlepels gesmelte botter
2 eetlepels suiker
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
·
Sif die droë bestanddele. Klits eiergele en voeg by melk en meng, voeg die
melkmengsel by droe bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng
goed.
·
Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Nou kan jy begin bak!
·
Jy kan die wafelresep dubbel maak of selfs drie keer aanmaak. Ek kan nie vir
jou sê hoeveel wafels jy gaan bak nie, want ons het nog 'n ou wafelpan en ons
maak 7 tot 8 baie groot wafels.
·
Jammer ek het vergeet van die eiergele en melk wat mens sommer in 'n
maatbeker kan meng. Die een bak is vir die eierwitte en die ander een dan vir
die hele beslag.
<<<Terug na begin>>>
Elize het dit ingestuur:
6 groot aartappels
2 middelslag uie
1 groot blik gekapte sampioene
1 pak spek (gesnipper)
250 ml vars room
250 ml vars melk
1 koppie gerasperde kaas (gouda of cheddar)
1 pakkie wit uiesop
vars swart peperkorrels
aromat of sout na smaak
·
Kook die aartappels tot gaar (net nie oorgaar).
·
Braai uie, sampioene en spek saam tot gaar.
·
Sny aartappels (met skil) in skywe.
·
Pak 'n laag skywe in 'n platboom oondbak; strooi 'n laag sampioenmengsel
bo-oor die aartappels. Gooi speserye
oor (vars swartpeper/aromat) en strooi gerasperde kaas bo-oor. Herhaal laag aartappels ens. totdat
jy 3 lae het.
·
Gooi die laaste laag sampioenmengsel oor en laaste laag gerasperde kaas
(sommer baie).
·
Meng die room, melk en wit uiesop saam en gooi bo-oor laag aartappels. Bak by 180º C vir 'n volle uur en
bedien warm. Geniet dit - dis
smullekker.
<<<Terug na begin>>>
1kg (6 groot) aartappels
1 pakkie gekapte spek
125ml kookolie
2 uie in blokkies gesny
125ml blatjang
125ml asyn
250ml melk
15ml mielieblom
·
Kook aartappels in skil, in soutwater tot gaar. Trek skille af, sny in blokkies en
hou warm.
·
Braai spek in 25ml olie tot gaar, skep uit en hou warm saam met aartappels. Braai uie in dieselfde pan tot gaar.
·
Voeg res van olie, blatjang en asyn by, en kook ongeveer 2 min. sonder
deksel.
·
Meng mielieblom en melk, gooi stadig by uiemengsel terwyl jy dit vinnig
inroer, roerkook vir verdere 2 min.
·
Meng aartappels en spek, gooi uiesous oor en meng liggies. Hou in lou-oond tot benodig. Lewer 6
porsies
<<<Terug na begin>>>
4-6 knoffelhuisies, gekap
2 preie [kap die wit gedeeltes]
30 ml olyfolie
1 liter groente aftreksel
4 aartappels in blokkies gekap
150 ml room
Grasuie
100 ml wit wyn
sout en peper
·
Roerbraai knoffel en uie in olie en voeg dan die aftreksel en aartappels by.
Kook tot sag. 'n Lourierblaar kan daarby ingegooi word en verwyder word na die
kookproses.
·
Versap die sop, geur en voeg die room by. Herverhit die sop, maar moet dit
nie laat kook nie.
·
Strooi gekapte sprietuie oor en bedien met 'croutons'.
<<<Terug na begin>>>
Jackie
1-1/2 teelepels olyfolie
1 medium ui, fyn gekap
1 jalapeno rissie, gekap
2 koppies gedistileerde wit asyn
1-1/2 koppies glukosestroop
1 koppie water
½ suurlemoen, skil en wit deel verwyder, grof gekap
2 eetlepels wit bereide peperwortel ('horseradish')
1-1/2 eetlepels gekapte en gedreineerde ansjovisfilette
3 groot knoffelhuisies, fyn gekap
1 teelepel sout
¾ teelepel vars gemaalde swart peper
Groot knippie gemaalde naeltjies
·
Verhit die olie in 'n groot swaarboom pot en braai die uie
en rissies tot dit sag is, omtrent drie minute.
Voeg die res van die bestanddele by en prut stadig tot dit
verminder het to so drie koppies.
·
Druk deur 'n sif en sit in 'n nie-aluminium houer in die
yskas.
·
Dit is lekkerder hoe langer dit staan.
<<<Terug na begin>>>
Jurie het
die volgende worsresep in my e-posbus gegooi:
2.7kg beesvleis van goeie gehalte gemaal. [Ons het grof
gemaal met meul met groterige sifgaatjies]
1.4kg gemaalde vet vark vir braaiwors. [Fyner siffie in
meul] As jy droë wors wil maal gebruik vet skaapvleis.
150 tot 200 ml bruin asyn
1 teelepel peper [Na smaak kan jy wit-, swart- of
rooipeper gebruik]
2 tot 4 eetlepels sout [Ons gebruik 4 want ons hou van
sout!]
Koljander - vanaf 3 teelepels tot 3 eetlepels fyn [As jy
wil kan die heel koljander effe gebraai en dan gemaal word of met vysel
fyngemaak word]. Ons het net 3
teelepels fyn koljander gebruik want ons hou niks van die doppies in wors of
biltong nie!
1 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel fyn neut
Meng deeglik en stop die derms.
<<<Terug na begin>>>
3 koppies fyn gerasperde wortels (rou)
1 koppie suiker
2 eiers
1.5 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
0.5 teelepel sout
Melk
3 eetlepels botter
·
Voorverhit oond tot 180 grade Celsius. Klits eiers en suiker tot room.
·
Voeg meel, bakpoeier en sout by en meng goed. Voeg die wortels by en meng goed.
·
As deeg te styf is, voeg melk by tot 'n slap deeg. Skep in gesmeerde bak. Stip met 3 eetlepels botter.
·
Bak tot mooi bruin (ongeveer 'n halfuur). Toets met 'n mes of dit droog is in
die middel.
<<<Terug na begin>>>